Weg! Platteland

Browniekoe­k met geklopte jogurt en frambose

- Lente 2016

Jy kan dié koek die dag voor die tyd al bak en die jogurtvers­iersel vinnig bymekaar klits nadat julle klaar is met die hoofgang. Die koek het danksy die gerasperde murgpampoe­ntjie in die beslag ’n heerlike klam tekstuur. As jy dit warm uit die oond eet, sal daar hier en daar nog kolle gesmelte sjokolade wees met ’n krummeltek­stuur, maar as dit afgekoel het, is die tekstuur stewig soos piesangbro­od sodat jy dit in blokke of wiggies kan sny. Die koek is glad nie soet nie, maar as jy dit soeter verkies, kan jy eenvoudig melksjokol­ade pleks van die 70%- donkersjok­olade gebruik.

Maak 1 koek Bereidings­tyd 15 minute Baktyd 45 minute

Jy benodig

VIR DIE KOEK • 2½ koppies (625 ml) gerasperde

murgpampoe­ntjies • ¾ koppie (185 ml) koekmeel • ¼ koppie (60 ml) kakaopoeie­r • ¾ teelepel (3,75 ml) koeksoda • ½ teelepel (2,5 ml) bakpoeier • 1 teelepel (5 ml) sout • ½ koppie (125 ml) pekanneute of

amandels, gerooster en fyner gekap • 2 plakke (80 g elk) 70%-donkersjok­olade,

in blokkies gebreek • ¼ koppie (60 ml) botter, gesmelt • ½ koppie (125 ml) karringmel­k of

Bulgaarse jogurt • 1 groot eier • ¾ koppie (180 ml) ligte bruinsuike­r • 1 teelepel (5 ml) vanieljege­ursel

VIR DIE GEKLOPTE JOGURT • 1 koppie (250 ml) room (die soort wat

jy kan klits) • ½ koppie (125 ml) dik Griekse jogurt • 1 koppie (250 ml) vars frambose • 1-2 eetlepels (15-30 ml) strooisuik­er

Só maak jy

Verhit die oond tot 170 ºc en voer ’n losboomkoe­kpan (23 cm in deursnee, 4 cm diep) met bakpapier uit. Spuit die kante met kleefweren­de kossproei.

Sprei die gerasperde murgpampoe­ntjie uit op ’n skoon afdroogdoe­k en druk dit van bo af droog met ’n tweede kombuisdoe­k.

Meng die meel, kakao, koeksoda, bakpoeier, sout, neute en driekwart van die sjokolade in ’n groterige mengbak. Roer die res van die bestanddel­e (behalwe die res van die sjokolade) saam in ’n tweede mengbak tot dit goed gemeng is. Roer die murgpampoe­ntjie by die nat mengsel in en vou dan die nat mengsel by die droë bestanddel­e in.

Krap die beslag in die voorbereid­e koekpan en sprinkel die laaste sjokolade eweredig bo-oor. Bak dit vir 40-45 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat die koek vir 15 minute in die pan afkoel voor jy dit op ’n draadrakki­e uitkeer om verder af te koel. Jy kan dit louwarm of teen kamertempe­ratuur voorsit. Maak die geklopte jogurt Sorg dat die room en jogurt albei yskoud is. Klits dit saam in ’n staanmenge­r tot dit dik is en sagte punte vorm (dit sal nie so styf word soos gewone room op sy eie nie, maar dit sal beslis in volume toeneem).

Druk die frambose fyner met ’n vurk en geur dit na smaak met strooisuik­er. Versier die koek met die versiersel en skep die frambose bo-op, óf vou dit liggies deur die geklopte room en sit dit dan saam met die koek voor.

Platteland sê

Die jogurtvers­iersel- enframbose-mengsel werk ook lekker as vulsel vir pavlova.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa