Weg! Platteland

Korslose aspersie-en-uiequiche

-

Genoeg vir 4-6 Bereidings­tyd 15 minute Gaarmaakty­d 35 minute

Jy benodig

• sagte botter • ½ koppie (125 ml) vars brood

krummels (1-2 snye brood) • 200 g vars groenasper­sies • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie • 2 uie, fyngekap • 1 teelepel (5 ml) Ina Paarman

se Groenui-geurmiddel • 1 eetlepel (15 ml) canola-olie • 1 eetlepel (15 ml) botter • 3 eiers • 1 koppie (250 ml) vars room of

dubbeldik Griekse jogurt • 2 eetlepels (30 ml) Ina Paarman

se Witsouspoe­ier • ¾ koppie (180 ml) gerasperde

cheddar- of goudakaas • groenslaai en goeie brood om

voor te sit

Só maak jy

Voorverhit die oond tot 170 ºc met die rak in die middelste posisie. Smeer ’n tertbak van 22-24 cm goed met sagte botter en skud die vars broodkrumm­els in die bak rond sodat dit aan die boom en sykante vassit. Sit die bak in die vrieskas sodat die krummels mooi vastrapple­k kan kry, en maak intussen die vulsel.

Stoom die aspersies vir 3 minute, drup die olyfolie oor en meng dit tot die aspersies oraloor bedek is. Laat dit eenkant afkoel. Sny die boonste 3 cm van die aspersiepu­nte af en hou dit eenkant vir garnering. Sny die res van die aspersies diagonaal in 2 cm-stukkies.

Geur die uie met Groenuigeu­rmiddel en soteer dit in ’n mengsel van canola-olie en botter – die ui moet heeltemal sag wees en effens bruin begin word. Haal dit van die plaat af. Voeg die gestoomde aspersies by (nie die punte nie) en laat dit afkoel.

Klits die eiers en room saam. Meng die Witsouspoe­ier met die gerasperde kaas en sprinkel ’n derde van dié mengsel eweredig oor die tertbak se boom. Skep nou die aspersie-en-uiemengsel oor. Meng die res van die kaas by die eiermengse­l en giet dit oor die aspersies.

Bak dit vir ongeveer 35 minute tot die tert gestol en pofferig is. Sit die oond af, maak die oonddeur op ’n skrefie oop en los die quiche vir nog 10 minute in die warm oond. Sprinkel die aspersiepu­ntjies oor en sit dit voor met ’n vars groenslaai en ’n ewe vars brood.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa