Wat is dié ‘plottuhlunt’?
Probeer ’n slag vir ’n Amerikaner verduidelik wat die woord “platteland” beteken – dit kan nogal ’n uitdaging wees. Nicky Smith probeer... en dit vat haar terug na haar kinderdae in Umtata.
Die snaakse ding van Johannesburg is omtrent niemand wat jy daar ontmoet, kom regtig oorspronklik van daar af nie. Eers ’n hele paar jaar nadat ek hierheen getrek het, het ek iemand ontmoet wat sowaar hier grootgeword en in die stad skoolgegaan het en nou ook hier werk. Oral waar ek tussen mense was, het ek dit probeer bewys – en gedink ek was heel slim om dít nou te ontdek. Maar, soos baie van my ontdekkings – soos die briljante toiletsitplekverwarmer wat ek bedink het toe ek 11 jaar oud was – het iemand voor my dit al klaar ontdek.
Almal wat ek ken, kom van Harare of Rustenburg of ’Maritzburg of Durban of die “Suidkus” af (dis nou as die dorpie waar hulle grootgeword het te klein is of hulle is te skaam om dit hardop te sê). Of van die Baai, Grahamstad, Devon, Dublin, Bloemfontein, Nêrensfontein of selfs Umtata (deesdae Mthatha) – dis nou ek daai.
Ná ’n paar jaar het ek aanvaar niemand van Johannesburg kom van Johannesburg af nie, en die raaisel het nie meer my verbeelding so erg aangegryp nie. Almal is ’n ekonomiese migrant of kulturele vlugteling. En hoe langer ek hier bly, hoe meer besef ek dié grande dame van die Hoëveld gee nie eintlik om waar jy vandaan kom nie. Sy is meer besorg oor wat jy hier doen.
WIE JY WAS, maak nie saak nie. Wie is jy nóú? Aan die een kant is dit baie vergewensgesind, maar terselfdertyd ook ’n straf, want jy durf nie ophou dink oor wat jy laaste gedoen het nie. As jy ophou beweeg, dan verdrink jy, amper soos ’n haai. Dis ’n stad vir die hede.
Dit is dié ongenaakbare energie wat mense lok en wegstoot. Mense kies die hasepad... Sommige kom so ver as Kaapstad; ander verdwyn selfs dieper die duisternis in: Hulle keer terug na ’n plek soos die huis of mik platteland toe.
“Plottuh lunt?” wil die Amerikaner weet terwyl sy opkyk van my skerm af. “Nee, dis ‘pluttah lundt’.” “Plutter lundt.” “Ja, dis beter. Maar die laaste ‘t’ moet