Tamatiekonfyt
Maak 750 ml Bereidingstyd 10 minute Gaarmaaktyd 1 uur
Hierdie tamatiekonfyt is nie baie soet nie en jy kan dit op ’n kaasbord of selfs saam met ’n Sondagskaapboud voorsit. Indien verkies, kan jy al die speserye weglaat, óf vervang dit met ’n ander geurmiddel vir elke flessie – probeer ’n slag vars basilieblaartjies of roosmaryntakkies.
Jy benodig
• 1 kg ryp tamaties (sien die wenk onderaan) • 2 eetlepels (30 ml) appelasyn • ½ koppie (125 ml) suiker • 1 teelepel (5 ml) growwesout • 1 klein brandrissie, pitjies uitgeskraap
en fyngekap • 1 kaneelstokkie • 1 eetlepel (15 ml) fyngerasperde vars gemmer
Só maak jy
Plaas die gesnyde tamaties met al hulle sappe in ’n swaarboomkastrol saam met die res van die bestanddele. Verhit die mengsel tot kookpunt, maar roer dit gereeld sodat dit nie aanbrand nie.
Verlaag die hitte en laat dit liggies prut tot die konfyt begin verdik (30-45 minute). Skep die warm konfyt in gesteriliseerde flesse. Die konfyt sal vir ’n maand in die yskas hou, of vries dit in geseёlde sakkies en ontdooi dit soos benodig.