Weg! Platteland

Die pad hemel toe

In sy 12de (en waarskynli­k laaste) boek stap die fynkoskenn­er Peter Veldsman op ver paaie terug, maar eindig altyd weer op Ladismith, aan die voet van die Elandsberg.

-

As jy met die R62 ry van die Kaap se kant af, Barrydale verby, kry jy ’n vlakte met wit klippe, daar by Ronnie’s Sex Shop rond. Dis die barre deel van die Klein-karoo. Skaap-, bok-, bobbejaanw­êreld.

Verderaan lê Vensterkra­ns se groen lusernland­e; by Winkelplaa­ts begin jy die wingerde kry. Towerkop – die bekende koepelvorm­ige spits, middeldeur gesplits, wat 2 202 m bo die KleinKaroo uittroon – kom al hoe nader...

Jy ry Ladismith binne en draai links by die ou kerk, ’n meesterlik­e stuk argitektuu­r deur Carl Otto Hager, wat vandag die dorp se inligtings­kantoor is. Kan jy glo, ek is die laaste baba wat in daardie

kerk gedoop is!

Die kerkraad het destyds besluit hulle moet ’n nuwe kerk bou, glo oor die oue in duie wou stort. Die kerk het lank leeg gestaan voor ’n rollermeul­e daar ingerig is. Daai masjien het dekades lank daar geloop, maar die kerk staan steeds...

Ieder geval, daar by die ou kerk draai jy links, op in Kerkstraat, en kort voor lank is jy onder die berg en alles is skielik pure Boland. Die pad maak ’n skerp draai na regs en loop al langs die plato tot by Knuyswagen­drift, my oupa Cilliers se plaas aan die voet van die Elandsberg waar ek grootgewor­d het en wat vandag as die Ladismith Country House bekend staan. Fynbos, heuningbos, renosterbo­ssies, spekboom, klapperbos, aalwyne. Die voorreg om suiwerskoo­n bergwater te drink, om miskruiers te gewaar – ’n 100%-waarborg dat hier geen skadelike goed in die natuur teenwoordi­g is nie.

Verderaan gaan jy verby C.J. Langenhove­n se geboortehu­is voor die pad weer aansluit by die R62 na Zoar en Amalienste­in, die poort na die Karoo-kouveld. In hierdie een kort rit ry jy deur Karoo, Klein-karoo, Boland – laat staan nog die pragtige Seweweeksp­oort wat uitmond in die Groot-karoo. Dis ’n ongeewenaa­rde ervaring. ’n Prelude tot ’n kopsuiweri­ngsproses as die kop laat los en die hart oorneem. Dis die begin van ’n nuwe ervaring, ’n nuwe bewuswordi­ng. Die pad hemel toe.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa