KLOKSGEWYS VAN ONDER
Hentie du Toit en Roxzanne Hatton is twee toegewyde buitelugavonturiers wat onlangs hulle Rustiq Pub & Grill oopgemaak het; Van die De Stijl-hotel se stoep af kan jy vér oor die dam uitkyk; Harriet de Lange, eienaar van die De Lance-koffiewinkel, meen die sterrehemel en die hegte gemeenskap maak die wêreld hierlangs besonders; By De Lance kry jy nie net boeretroos nie, maar ook wegneemetes en ’n stewige ontbyt wat al beroemd is in dié wêreld; Susan Heinrich het ’n verskeidenheid verblyfopsies vir besoekers. Sy sê sy sal die stilte en kalmte hier vir niks verruil nie.