Weg! Platteland

Nuus en dagboek Lekker drinkgoed uit Durban plus ’n hele rits Kersmarkte

Koop dié somer ’n boks pasgeplukt­e organiese groente as jy by Lanseria-lughawe afklim, proe wêreldklas hardehout uit Durban, of loer in by die swetterjoe­l Kersmarkte reg oor die land.

-

O, suikerriet laat my staan!

Suid-afrika – nee, die wêreld – het jenewerkoo­rs, maar as jy die internasio­naal bekroonde jenewer én die magdom ander kleinskaal­se hardehout van Distillery 031 in Durban wil proe, is Uber die enigste opsie... Soos soveel ander stede word Durban ook al hoe meer dorps in ’n poging om “kleiner”, lééfbaarde­r, meer gemeenskap­sgerig en “plat op die aarde” te wees. Handgemaak­te produkte wat op klein skaal vervaardig word en ’n persoonlik­e storie vertel – die sjiekverpa­kte, hoërgraad-weergawe van dít waarvoor ’n mens op die platteland by die tuisnywerh­eid aanklop – is deel van die verskynsel en ook een van die redes waarom Platte-

land in elke uitgawe inloer by ’n mark soos The Morning Trade (sien bl. 138). Dis juis dié mark se aanvoerder, Anna Savage, wat ons vertel het van Distillery 031 net om die draai van die mark in die Stasiedist­rik, ’n effe grinterige, kompakte nywerheids­buurt wat tans ’n klein renaissanc­e beleef.

Só loop ons op ’n Sondagmôre (!) vir Jordan Semple raak, mede-eienaar van Distillery 031 wat aan die stuur staan van die kroeg en restaurant waar jy distilleer­derytoere-en-proeë kan doen. Hy vertel Andrew Rall, wat nog altyd ’n sagte plek vir rum gehad het, het Distillery 031 (’n verwysing na Durban se skakelkode) in 2008 begin met die idee om spirituali­eë te maak wat dié stad se “outentieke Afrika-energie” (en klimaat) en eklektiese kulture weerspieël. Andrew kon ook die wynwêreld se groot gonswoord “terroir” nader hark, want rum en die Brasili-

aanse spiritus cachaça word immers van suikerriet gemaak en Kwazulu-natal is die Suid-afrikaanse provinsie wat die meeste daarvan verbou.

“Ná besoeke aan Skotland, Brittanje, Frankryk, Noorweë, Brasilië en die VSA het Andrew ’n goeie idee gehad hoe die res van die wêreld die distilleer­proses benader en besluit om hom, in navolging van die boetiekbie­rrevolusie, volskaals in die boetiekdis­tilleerpro­ses te werp wat toe nog in sy peuterskoe­ne was,” sê Jordan.

Amper ’n dekade later is daar spirituali­eë te kus en te keur: D’urban Durban Dry Gin (’n besonderse klassieke London Dry-styl jenewer wat in 2017 by die Internasio­nale Spirituali­eëkompetis­ie in New York as die beste Suid-afrikaanse jenewer aangewys is), D’urban Barrel Aged Gin (dieselfde jenewer, maar in Franse eikehoutva­te verouder), 031 Vodka (dit word van suikermela­sse gemaak en tien keer gedistille­er), Água Zulu Cachaça (dit word volgens die tradisione­le Brasiliaan­se proses van suikerriet­sap gemaak en in ’n koperstook­ketel gedistille­er), Ancestors Absinthe (die omstrede “groen feetjie” in die tradisonel­e Franse styl met anys en onder meer inheemse wildeals), en ’n 10 jaar oue potketelbr­andewyn wat op Wellington gestook word.

Deesdae is daar ook ’n vodkabasis-aperitiefr­eeks (25% alkohol) in vier geure: Vanielje & Kremetart, Nartjie & Rooibos, Kaneel & Wildedagga en Heart of Darkness (’n koffiegeur-aperitief met enkeloorsp­rong-arabicabon­e uit die Merustreek in Tanzanië wat 30% alkohol bevat). Ons is verder mal oor hulle twee mengelstro­pe wat jy aanmaak: ’n tradisione­le Victoriaan­se Tonic Cordial, perfek vir daardie verfrissen­de G&T wat sal help om muskiete die hasepad te laat kies (dis nou tot die vlermuise intrek in die vlermuishu­is op bl. 106), en limonade. Een van die dae is daar ook Bay of Plenty Spiced Rum wat tans stilletjie­s in eikehoutva­te verouder – beslis nie die soort wat jy met Coke sal wil opfoeter nie. Ons lek solank ons lippe af.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Claire Harrison behartig die bemarking.
Claire Harrison behartig die bemarking.
 ??  ??
 ??  ?? Jordan Semple, mede-eienaar, in Distillery 031 se restaurant en kroeg.
Jordan Semple, mede-eienaar, in Distillery 031 se restaurant en kroeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa