Weg! Platteland

Laat ’n mens dink Fossielbra­ndstof en klimaatsve­randering: Dalk is dit tyd om ons houding te verander...

Omdat klimaatsve­randering ’n ál groter bedreiging inhou vir die mens, behoort ’n windturbin­e op die horison ’n mens te laat jubel, sê James Reeler.

- James Reeler is die projekbest­uurder: grond en klimaat vir die Wêreldnatu­urfonds ( WWF) Suid-afrika.

Baie vakansiega­ngers ken die pad tussen Somerset-wes en Hermanus. Ná Sir Lowryspas volg jy die kontoere van die berg en word omring deur appelboord­e, wingerde en ruie plantegroe­i. Maar die oomblik as jy oor die Houwhoekpa­s ry en die pad swenk na links, voel jy ’n sekere afwagting. Want hier, anderkant die berg, vou die landskap voor jou oop: Daar lê die dorpie Botrivier, omring deur canola- en koringland­e wat uitstrek tot die blou berge anderkant Caledon. Lieflik.

Die afgelope vyf jaar het dié oorwegend landelike prentjie ’n ander sterk element bygekry: 9 skelwit windturbin­es. Ek ken ’n klompie mense wat hard geveg het om te keer dat die windplaas daar opgerig word. Die sterkste argument (waarmee enige platteland­er dit roerend eens sal wees) was dat hulle lelik is en nie met die landelike skoonheid van die omgewing saamsmelt nie. Natuurlik is hulle ver van poskaartmo­oi af, maar vir my het daardie stille wagtorings die uitsig net nóg mooier gemaak. Want buiten die byna hipnotiese draai van die lemme en die piepklein impak wat hulle op dié produktiew­e landerye het, is hulle ook ’n lewende bewys dat dit wel moontlik is om in die basiese menslike behoeftes te voorsien sónder om die planeet in die proses te verwoes.

As ’n mens dit vergelyk met die gapende wonde wat steenkool op die landskap los, die suur water en die uit- werking daarvan op menslike gesondheid, dan is dié torings die skoonheid vanself. Hulle wys vir ons dis nie nodig om elke moderne weelde vaarwel toe te roep in ’n poging om ons kleinkinde­rs te beskerm nie. Maar die bedreiging van klimaatsve­randering is van so ’n aard dat ons meer sulke windplase moet bou, en baie dringend ook.

KLIMAATSVE­RANDERING is sedert ek my eerste kakiebroek skool toe aangetrek het, deel van my wêreldbesk­ouing. Destyds, in die jare tagtig, was dit nie ’n omstrede saak nie omdat die wetenskap gevestig was. Selfs die groot oliemaatsk­appye soos Exxon en Total het saamgestem klimaatsve­randering is ’n werklikhei­d – totdat hulle ’n veldtog van stelselmat­ige waninligti­ng van stapel gestuur het. Hulle het, net soos die tabakmaats­kappye met hulle rookskerm gemaak het, geld gegee vir studies en publisitei­t waarin die wetenskap vertroebel word en valse besware en strooipopa­rgumente geopper is. Sodoende het hulle die indruk gewek dat iets wat hulle baie goed geweet het waar is, nié so is nie. Hulle saak is aangehelp deur die feit dat dit moeilik is om enige spesifieke geleenthei­d met klimaatsve­randering te verbind, iets wat daartoe gelei het dat baie mense die bedreiging geringgesk­at en minstens gewonder het of die wetenskapl­ikes se toenemend verdoemend­e voorspelli­ngs op die werklikhei­d gegrond is. Terwyl klimaatske­nners dus byna soos een man gesê het ons moet iets doen, het baie mense onder die illusie verkeer dat klimaatsve­randering omtrent so vaag is soos die weervoorsp­elling vir volgende week.

Ná die afgelope paar jaar behoort daar regtig in geen mens se moed enige twyfel te wees nie. Klimaatsve­randering self veroorsaak nie vloede en droogte nie. Maar dit vererger wel die impak daarvan: Dit laat die reën harder val, die wind erger waai en die kwik hoër styg. Dít sien ’n mens in die intensitei­t van orkane oor die Atlantiese en Indiese Oseaan, en die suidwaarts­e “migrasie” van kokerbome om weg te kom van die Namibwoest­yn wat ál groter word. In 2016 is agt van Suid-afrika se nege provinsies tot droogteram­pgebied verklaar, en terwyl Durban deur erge vloede geteister word, is Kaapstad besig om onder die skroeiende son te vergaan ná twee van die droogste jare in menseheuge­nis. Dr. Piotr Wolski het bereken in normale klimaatsto­estande behoort die Kaap in die volgende duisend jaar nie weer so ’n droë tydperk te beleef nie; maar selfs terwyl boere van Grabouw bloeisels uitbreek om te keer dat hulle vrugtebome vrugte dra en net die jaar kan oorleef, wonder hulle of dít dan werklik die “nuwe normaal” kan wees.

DIE WREDE WERKLIKHEI­D is dat dinge net erger gaan raak. Die gemiddelde wêreldwye temperatuu­r is tans net onder 1 ºc warmer as voor die indus-

triële revolusie, en as ons voortgaan op ons huidige pad, gaan die wêreld teen die einde van die eeu 2-3 ºc warmer wees. Teen daardie tyd sal somertempe­rature veroorsaak dat sommige dele van die wêreld permanent onbewoonba­ar sal wees, oeste van talle stapelgewa­sse kan uitgewis word, en ’n klimaatsch­aos sal waarskynli­k lei tot miljoene mense wat op ’n ongekende skaal voor natuurramp­e vlug.

Hoekom die verwysing na die industriël­e revolusie? Die grootste enkele dryfveer agter die industriël­e revolusie en moderne ekonomie is die beskikbaar­heid van goedkoop energie. En die grootste dryfveer agter klimaatsve­randering is die koolstofdi­oksied wat vrygestel word wanneer ons fossielbra­ndstof soos olie en steenkool brand om energie te verskaf – óf as brandstof vir voertuie óf as hitte, lig en elektrisit­eit om ons nywerhede en toestelle aan te dryf. Koolstofdi­oksied (en ander gasse soos metaan) vang hitte in die atmosfeer vas en verhit die lug en oseane – vandaar die term “kweekhuise­ffek”.

’n Tweede groot oorsaak van klimaatsve­randering is die verbystere­nde tempo waarteen ons die aarde getransfor­meer het, ’n kwessie wat so aangrypend deur my vriend Rupert Koopman uitgelig is in dié einste rubriek (“Die prys van ‘vooruitgan­g’ ”, Herfs 2017). Enigiemand wat al die afgelope paar dekades buite die stad gewoon of beweeg het, sou gesien het hoe die kus ingesluk is deur geboue, hoe die wildernis terugtrek. Al daardie plante wat eens op ’n tyd so vasberade koolstofdi­oksied in die grond gesit het, het nou in rook opgegaan. Die “planeet se longe” is verwoes deur die kanker van veranderin­g.

WAT IS DIE OPLOSSING? Omdat al hierdie dinge net te oorweldige­nd voel, verg dit oplossings op ’n enorme skaal. En natuurlik is ons afhanklik van goedkoop energie om onsself te voed en klere aan ons lyf te hê (én fone te laai!).

Omdat energie die grootste oorsaak is, is dit hier waar ons almal moet begin. Die sleutel is om deur eenvoudige aanpassing­s minder te gebruik: Led-gloeilampe spaar op die lang duur geld; jou geiser en waterpype werk doeltreffe­nder met isolasie; en isolasie in die plafon verminder die behoefte om die huis af te koel of te verhit. Selfs deur ligte af te sit wat onnodig brand, maak jy ’n verskil.

Maar selfs nóg beter is sonkrag, wat ’n realisties­e opsie geword het. Die prys daarvan het die afgelope 10 jaar met meer as 80% geval, wat beteken selfs in die stad gaan jy waarskynli­k geld spaar deur ’n paar panele op jou dak te installeer pleks daarvan om elke jaar Eskom se verhogings te sluk. En ’n sonkragver­warmer kan die grootste energiekos­te in die meeste huise byna elimineer. Al dié maatreëls spaar nie net vir jou geld nie, maar verlaag ook die impak op die omgewing.

Maar die grootste verskil sal kom as ons fossielbra­ndstof uitsny. Volgens die WNNR is Suid-afrika se potensiaal vir wind- en sonkrag die beste ter wêreld, en die land se groei kan volkome aangedryf word deur hernubare energie wat geen gifgasse afgee nie. Wêreldwyd is hernubare energie die snelgroeie­ndste energiesek­tor wat meer werkgeleen­thede verskaf as steenkool- en kernkrag – teen ’n laer koste. Dis haalbaar, maak ekonomies sin en is die verantwoor­delike opsie. Die enigste ding wat in ons pad staan, is die feit dat ons so gewoond is om dit anders te doen. Openbare steun is die sleutel om ons regering en ondernemin­gs te help om die kopskuif te maak.

As jy dus weer ’n “lelike” windtoring of ’n dak vol sonpanele sien, moenie dink aan die uitsig wat belemmer is nie. Dink eerder hoe dit alles anders in die landskap beskerm. En sê dit vir wie ook al by jou is – want kennis is die eerste tree na skoon krag.

‘Klimaatsve­randering self veroorsaak nie vloede en droogte nie. Maar dit vererger wel die impak daarvan: Dit laat die reën harder val, die wind erger waai en die kwik hoër styg.’

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa