Weg! Platteland

Eteklub ’n Bordjiefee­smaal!

As kind is ek dikwels saam met my ma na funksies waar almal ’n bordjie sout of soet moes bring – só het jy heerlike nuwe geure, smake en teksture ontdek. Dié seisoen se eteklubspy­skaart is ’n viering van hierdie platteland­se gulheid!

- RESEPTE EN STILERING ALETTA LINTVELT FOTO’S TOBY MURPHY KOSASSISTE­NT MERRILL BUCKLEY

Aarbei-entamatieg­azpacho

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 30 minute Maak dié sop die dag voor die tyd en sit dit in die yskas sodat dit ordentlik koud kan word. Sit ook die bakkies waarin jy dit gaan voorsit, so ’n uur voor die tyd in die yskas. Die geheim van die sop is eenvoudig: mooi ryp aarbeie en tamaties.

JY BENODIG

• 40 g geblansjee­rde amandels • 1 knoffelhui­sie • ½ teelepel (2,5 ml) sout • ’n klein hand vol basiliebla­re • 1 klein rooi brandrissi­e, pitjies

uitgeskraa­p • ¼ komkommer, grofgekap • 100-150 g ryp aarbeie, grofgekap • 600 g ryp tamaties, grofgekap • 1-2 eetlepels (15-30 ml) rooiwynasy­n • ’n paar druppels vars suurlemoen­sap • ¼ koppie (60 ml) olyfolie

SÓ MAAK JY

Sit die amandels in ’n droë pan en geur dit rojaal met varsgemaal­de swartpeper. Rooster dit in die pan totdat dit begin verbruin. Pols die amandels in ’n voedselver­werker tot ’n poeier en voeg die knoffel, sout, basilie en rissie by. Pols dan alles saam tot ’n baie fyn smeer.

Voeg die komkommer, aarbei en tamatie by en versap alles saam – werk in sarsies, indien nodig (na gelang van die grootte van die stukkies en die sterkte van jou versapper).

Roer die rooiwynasy­n en olyfolie deur. Proe en geur dit met nog swartpeper en, indien nodig, nog sout en rooiwynasy­n. Sit die sop in die yskas sodat dit goed kan afkoel. Proe die sop weer net voor opdiening, geur dit, indien nodig, en sit elke bordjie sop voor met ’n paar druppels suurlemoen­sap en olyfolie bo-oor gedrup. >

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa