Weg! Platteland

Ons álmal moet ons deel doen

-

Waar’s die dae toe water geen bekommerni­s was nie. Die tyd toe jy nie weke en maande en selfs járe op ’n donderstor­m oor ’n Hoëveldse mielieland gewag het nie, toe stuifreën die Kaap weke lank sou deurdrenk – só erg dat jou klere in die kaste later begin muf het! Waar’s die dae toe ’n mens sorgeloos onder ’n stort kon baljaar. (Oor ’n lekker diep bad praat ons nie eens nie...)

As jy James Reeler se stuk oor klimaatsve­randering (bl. 16) lees, besef jy: Dis alles ons eie skuld. Oor ons onversadig­bare drang na goedkoop energie. Windplase, skryf James, bring saam met sonkrag lig in die tonnel. En dit help nie ons sit en wag dat die regering of die een of ander entre preneur of ons ryk buurman in die bodorp iets doen nie. Dis tyd dat elkeen van ons dink oor ons energiever­bruik. En anders kyk na windplase.

Hier op kantoor was ons Engelse teksredakt­eur, Christine de Villiers, besorg oor ons die begin van die boek dié deuntjie sing, maar later, op bl. 100, die lof van vlermuise besing en selfs wys hoe om ’n vlermuishu­is te bou. Want sien, teenstande­rs van windplase meen te veel roofvoëls en vlermuise verloor hulle lewe in die lemme van draaiende turbines.

Is daar lesers wat ’n mening hieroor het? Dalk syfers oor die getal vrektes by sulke plase? Hoe ook al, ons stem saam met James: Die mensdom is so diep in die pekel dat ons nie eintlik meer ’n keuse het nie.

TEEN DIE TYD dat jy hier lees, het jy hopelik al gevoel jou tydskrif is swaarder as gewoonlik. Dis omdat ons van hierdie uitgawe af ’n volle 24 bladsye dikker is. Verdere goeie nuus is dat ons dit nie vul met advertensi­es of bladsye en bladsye niksseggen­de foto’s nie, maar met ekstra goednagevo­rste inhoud waarmee ons die wêreld ’n beter plek probeer maak.

Die slegter nuus is dat Platteland se omslagprys tot R60 verhoog word. Ons was effens senuagtig hieroor, maar as ’n mens nugter sommetjies maak, sien jy dit kom neer op ’n skamele 40c per bladsy. Weer eens: Laat hoor van julle (en sê tog wat ’n mens nog vir daardie prys kan aanskaf wat die moeite werd is). Ons sal ons bes doen om die soort inhoud in Platteland te plaas wat ons lesers laat dink R60 is steeds die grootste bargain wat elke drie maande hulle pad kruis.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa