Weg! Platteland

NOSTALGIE OOR NORVALSPON­T

- Frans Palm, LANGEBAAN

Die artikel oor Norvalspon­t in die Lente 2017-uitgawe van

Platteland – en spesifiek die foto op bl. 51 van die twee brûe oor die Oranjerivi­er – het my ver laat terugdink. My pa het van 1961 tot 1973 die pompstasie en suiwerings­werke beman wat water aan die stoomtrein­e en die dorpie voorsien het. Op die foto is die sinkdak van die pomphuis duidelik sigbaar.

Die pomphuis het vier Ruston & Hornsby-dieselpomp­e gehuisves én daar was ’n diep put wat afgesak het tot gelyk met die rivierbedd­ing waarin jy kon afklim om die werking van die suiers te bekyk. Die pomphuis was my pa se trots en die binnekant en vloere was silwerskoo­n.

Die Engelse fort net agter die pomphuis was ’n gewilde speelplek vir ons kinders en my pa se groentetui­n en vrugtebome het voorsien in die noodsaakli­kste behoeftes.

Wanneer die rivier in vloed was – voor die Gariepdam gebou is – was dit altyd ’n skouspel om die massa water te aanskou wat verby stroom.

In daardie jare was Norvalspon­t ’n hegte, woelige boerderyge­meenskap met ’n tweeklaska­merlaersko­ol onder aanvoering van mnr. Connie Stander, ’n sinkpolisi­ekantoortj­ie (met sers. Frank Lotter), ’n bedrywige goedereloo­ds vir aansluitin­g met die padvervoer­diens, ’n stasiemees­ter (hy was die baas van die dorp), algemene handelaar (mev. Lotter), die hotel (oom Eben van der Walt) en ’n poskantoor (Shorty Cornelius).

Die konsentras­iekamp by Norvalspon­t was ’n groot kamp en ek het self op wandelings in die veld allerlei potskerwe opgetel wat kennelik van die kamp afkomstig was. Een van die interessan­te feite is dat die joernalis, digter en skrywer C.M van den Heever in die kamp gebore is.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa