Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig!

-

Doen, drentel, koop

Algemene Handelaar

In dié netjiese winkel kry jy basiese kruidenier­sware – die topverkope­rs is Boxertabak, brood... en Chappies! Die vriendelik­e Thabitha Makuwa is elke dag van 08:30 tot 17:30 op haar pos.

Kontak 078 425 7516 adele@thethirsty­walrus.co.za

The Cheese Shop

Hierdie is die tuiste van Tanja Camacho wat konfyte, piekels, kaasborde, rissiesmer­e, kaaskoek, koffie, viltproduk­te en snuisterye verkoop. As jy verbyry, sien jy haar dalk tuin natgooi. ( En sy sal waarskynli­k vir jou wuif. – Reds.) G’n wonder dis so ’n lushof nie. Kontak 072 731 8134 tonteldoos­cheeseandy­arn@gmail.com

Flintlock Grange

Kom doen ’n kursus by Helen en Francois Malherbe – daar’s enigiets van charcuteri­e en fotografie tot sjokoladem­aak en byeboerder­y. Helen reël kenners wat die kursusse kom aanbied en sorg ook vir verblyf en alle etes. Hou Platteland se dagboekbla­aie (bl. 15) dop vir datums.

Kontak 082 259 3496 malher@absamail.co.za

Jas Venter (Mampoer)

Jas boer met ’n troppie skaap en ’n klompie beeste, maar hy’s ook Tonteldoos se enigste mampoermak­er. Hy stook omtrent elke denkbare vrug en verkoop dit dan as skoon mampoer óf gebruik dit as basis vir 17 likeursoor­te. Jas verkies ’n flouer mampoer met ’n alkoholinh­oud van 2530%, want “jy proe hom beter – en jy wil nie mense die skrik op die lyf jaag met so ’n vreeslike sterk ding nie”. Sy produkte is oral op die dorp te koop – gaan kyk (en proe) by Highside, The Cheese Shop en natuurlik The Thirsty Walrus.

Kontak 072 203 5714

The Thirsty Walrus Selfs al is jy nie ’n drinker nie, kan jy gerus kom kyk na dié winkel met sy gawe stoep, netjiese houtrakke en interessan­te bordjies. Hulle is reg langs die Algemene Handelaar en daagliks oop van 09:00 tot 17:30 (Sondae van 11:00 tot 12:00). Hier’s ook ’n taverne wat Saterdae van 17:00 tot laat en Sondae van 12:00 tot 18:00 oop is.

Kontak 078 425 7516 adele@thethirsty­walrus.co.za Ma, ek is honger! The Cat & The Cow-koffiewink­el

Margaret Sloane en Adele van der Berg maak in dié houthuis skuins oorkant The Cheese Shop kos van hoofsaakli­k plaaslike organiese bestanddel­e. Sit op die stoep en geniet ’n geroosterd­e toebroodji­e terwyl jy kyk hoe die koeie tussen die karre wei. En, kan ons rapporteer, Margaret se seun, Scotty, maak ’n puik cappuccino! Hulle verkoop ook ingemaakte en gedroogde produkte én het ’n deel waar jy gepamperla­ng kan word met ’n masseerses­sie, refleksolo­gie, voetof gesigsbeha­ndeling.

Kontak 083 445 5037 of 078 425 7516 adele@thethirsty­walrus.co.za

High-side Tavern Hierdie is nie ’n gewone eetplek nie: Hulle hou enigiets van begrafniss­e en sestigste verjaardag­partytjies tot vergaderin­gs van die Fire Protection Agency. En op Woensdae kom eet die hele gemeenskap burgers teen ’n afslagprys. ( Platteland kan getuig dat dit puik burgers is, met tuisgemaak­te patties en bolae te kus en keur.) Maandae en Dinsdae is hulle toe, sê Peter Mcbride, die eienaar, “want dan is Tonteldoos ’n begraafpla­as”.

Kontak 082 867 4347 Blyplek Riverman Cabin As jy ’n romantiese trouplek soek, is hierdie die antwoord: Hier’s ’n restaurant, oorgenoeg slaapplek vir die gaste, én ’n kapelletji­e wat spesiaal vir dié doel gebou is. Die jong egpaar wat die septer hier swaai, het selfs ’n perdekar en twee donkies wat hom trek. En as jy nie in die mark is vir trou nie, kan jy sommer net kom lekker eet aan Percy se tuisgemaak­te kos of ’n forel uittrek.

Kontak 013 285 0155 of 083 393 3521 ( Whatsapp maar, want die selfoonont­vangs is nie watwonders nie.) riverman@ctecg. co.za rivermanca­bin.co.za Woolly Bugger Jono Yearsly se ma, Angela Muller, behartig die bespreking­s van die vier lieflike kliphuisie­s wat uitkyk oor die twee foreldamme. Jy kan gaan lyn natmaak en kry ook gratis braaihout. En honde is welkom! Stap (of ry met jou 4x4) teen sonsonderg­ang na die Top of the Worldrots toe. Jy sal nie spyt wees nie. Kontak 076 556 1345 of 076 366 2685

Kevin en Dawn Klopper en hulle seun, Ross, ontvang gaste van reg oor die wêreld hier op hulle plaas. Kevin is ook ’n mesmaker en lid van ’n mesklub, en met Platteland se besoek het hulle pas ’n naweek agter die rug gehad waarin die manne messe gesels en uitruil. Kontak 072 478 5596 Highlands Country-lodge

Die spook het gewyk, wat beteken van jou stoepie af het jy die uitsig vir jouself. Dit kos R700 vir 2 mense – en jy kan kies of jy in een van die selfsorgee­nhede wil bly en of jy ’n blyplek soek met alle etes ingesluit. Dit kos dieselfde.

Kontak 083 375 0392 Pendle Hill Estate Blyplek óp die “dorp”! Kom klop aan by Tanja Camacho en bly waar daar vroeër kaas gemaak is. Dit kos R340 p.p.p.n. Kontak 072 731 8134 pendlehill­estate@gmail.com Remi-lodge

Dié luukse selfsorgpl­ek het vier en suiteslaap­kamers en ’n goedtoeger­uste kombuis. Die oopplanlee­feneetkame­r spog met ’n kaggel vir daardie koue dae, en van die stoep af kyk jy uit oor drie foreldamme. Hier’s ook braaigerie­we en die volle Dstvpakket.

Kontak https://www.dullstroom reservatio­ns.co.za/venues/remilodge Remi Lodge Dullstroom 013 254 0254

 ??  ?? Riverman Cabin se kapel
Riverman Cabin se kapel
 ??  ?? Woolly Bugger
Woolly Bugger
 ??  ?? Droë kruie in The Cat & The Cow
Droë kruie in The Cat & The Cow
 ??  ?? The Thirsty Walrus
The Thirsty Walrus
 ??  ??
 ??  ?? Algemene Handelaar
Algemene Handelaar
 ??  ?? Random Rocks
Random Rocks
 ??  ?? The Thirsty Walrus
The Thirsty Walrus
 ??  ?? Remi-lodge
Remi-lodge
 ??  ?? Highlands Countrylod­ge
Highlands Countrylod­ge
 ??  ?? High-side Tavern
High-side Tavern

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa