Weg! Platteland

Linda se top 10watersli­m plante

-

“Met water wat al hoe skaarser en duurder raak, is dit belangrik dat ons anders begin dink oor tuinmaak,” sê Linda. “Party van die mees onverwagse plante – en nié net vetplante nie – is verbasend goed aangepas by uiterste droogtetoe­stande.”

1 Deurmekaar­bos (Ehretia rigida) Dié plant het ’n bos deurmekaar gekoekte takke. Dit is ook die eerste plant wat die lente aankondig met sy uitbundige lemmetjieg­roen blare. As daar geen ander blomme of vrugte in die veld is nie, is die deurmekaar­bos ’n staatmaker vir ’n verskeiden­heid diertjies.

2 Bergaalwyn (Aloe marlothii) ’n Mooi groot Hoëveldse vormplant wat kos en skuilplek bied vir insekte en diere.

3 Soetdoring ( Vachellia karroo) Ná ’n skamele 25 mm reën sal dié boom jou beloon met heldergeel blomme. Selfs in die droogste tye wemel dit in en om die soetdoring­s van lewe. 4 Olienhout (Olea europaea subsp.

Africana) en 5 Poeierkwas (Scadoxus puniceus) wat so lekker onder dit groei. Dié boom en bolplant is ’n liefllike kombinasie en oorleef met mín water. 6 Bloughwarr­ie (Euclea crispa) Dit lyk of dié boom op geen water kan oorleef nie. Dit vorm ’n pragtige blaredak en dra eetbare vrugte.

7 Kanniedood spesies( Com m i p h o ra) is ongeloofli­k. Selfs al is hulle blaarloos in die winter, kikker hulle pragtige stamme en takke die landskap op. Ná ’n paar druppels reën verskyn die eerste blare. 8 Plakkies (Cotyledon orbiculata var.

Flanaganii) Dié geharde plant lyk áltyd mooi en die pragtige oranje blomme smeek die suikerbekk­ies om aan hulle nektar te kom teug. 9 Klipvygie (Delosperma lydenberge­nse)

Hierdie is ’n grondbedek­ker wat ’n groen mat vorm sonder om baie water te vra. Jy kan nie anders as om gelukkig te voel as jy verby die massas helderpien­k blommetjie­s stap wat wemel van insekte nie. 10 Skaduplakk­ie (Crassula multicava)

Die Engelse naam, Fairy Crassula, is beskrywend van dié vetplant se delikate pienk blommetjie­s wat laatwinter en vroeglente hulle verskyning maak. Hulle het werklik min water nodig en is ’n goeie grondbedek­ker vir plekke met ligte skaduwee. Veral bye is gaande oor hulle blomme. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa