Herfs­bla­re is ko­nings­kos!

Weg! Platteland - - Tuindagboek -

Herfs­bla­re net waar jy kyk! Hark hul­le by­me­kaar, want dis ’n puik be­stand­deel vir die kom­pos­hoop. En ons weet mos: El­ke huis be­hoort ’n kom­pos­hoop of -drom te hê – hier is ’n paar goeie re­des.

1 Vol­gens Earth Pro­bi­o­tic is 35% van die in­houd in jou drom or­ga­nie­se ma­te­ri­aal wat eer­der na die kom­pos­hoop kan gaan.

2 El­ke ton or­ga­nie­se ma­te­ri­aal wat deel raak van ’n kom­pos­hoop eer­der as om op die as­hoop te be­land, spaar 225 kg se kool­stof­vry­stel­lings.

3 Die hit­te wat deur ’n “ge­son­de” kom­pos­hoop ge­ge­ne­reer word, maak pa­to­ge­ne en on­kruidsaad dood.

4 As jy jou bed­dings ge­reeld be­derf met kom­pos, gaan jy min­der voe­ding en plaag­be­heer hoef toe te dien.

5 Kom­pos wat as ’n dek­laag aan­ge­wend word, verminder ver­dam­ping. En as dit ge­bruik word om sand- en klei­grond se teks­tuur te ver­be­ter, sal die wa­ter­hou­ver­moë van die grond aan­sien­lik ver­be­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.