C­hurch S­treet Kit­chen Gar­dens

Tul­bagh, Wes-kaap

Weg! Platteland - - Gemeenskapstuine -

Van ’n droom tot ge­lyk­breek In 2008 het Jay­son Au­gus­tyn-clark, ei­e­naar en o­pe­ra­teur van die ho­tel­be­sig­heid Ca­pe Dutch Qu­ar­ters op Tul­bagh, ’n oop stuk grond op die dorp ge­koop met die plan om ’n kom­buis­tuin op die been te bring. Die droom het eers in 2014 ’n werk­lik­heid be­gin word toe D­re­am Tul­bagh, ’n plaas­li­ke nie re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sie wat hom be­y­wer vir die ver­be­te­rin­ge n ver­fraai­ing van die dorp, be­trok­ke ge­raak het. Die grond van al­te­sa­me 1 ha was die ei­en­dom van drie par­tye: Jay­son, die KW Ven die Suid- a­fri­kaan­se Er­fe­nis­hulp­bron a­gent­skap, en daar­om was die eer­ste stap om die grond­ei­e­naars so­ver te kry om die kon­sep te aan­vaar.

Daar­na het die e­nor­me taak voor­ge­lê om die grond skoon te maak: Dit was oor­trek met dig­te rie­te en win­ger­d­wor­tels (die KWV het vroe­ër ’n proef­win­gerd op die grond ge­had).

“Op ’n dag bel die voor­sit­ter van D­re­am Tul­bagh en sê hul­le bring die vol­gen­de og­gend tien wer­kers,” ont­hou Jay­son. “Dis on­ge­loof­lik hoe­veel ons in daar­die eer­ste paar maan­de uit­ge­rig het.” K­we­ke­rye het plan­te ge­skenk, boe­re het arbeid en toe­rus­ting be­skik­baar ge­stel, en le­de van die ge­meen­skap het hul­le tyd ge­gee. In­tus­sen het die tuin – wat teen dié tyd deur D­re­am Tul­bagh be­stuur is – be­dui­den­de be­fond­sing van die Kaap­se Wyn­land­mu­ni­si­pa­li­tei­te n Dis­tel l be­kom.

Dit klink dalk of din­ge seep­glad ver­loop het, maar dit was be­slis nie die ge­val nie, sê Jay­son. “Ek is ’n baie po­si­tie­we mens, maar op ’n kol het ek ge­voel die tuin maak my de­pres­sief.”

In ’n suk­ses­vol­le tuin moet baie din­ge reg loop en ab­so­luut niks ver­keerd nie. Vo­ëls het gan­se ta­ma­tie­oes­te uit­ge­wis; die­we het in­ge­breek en krui­wa­ens vol mie­lies en bot­ter­skor­sies weg­ge­dra; en die aan­vank­li­ke en­toe­si­as­me van vry­wil­li­gers het sta­dig maar se­ker op­ge­droog. Boon­op het die een ná die an­der werk­ne­mer uit­ge­val... tot­dat net die hoof­tui­nier, Ka­de­bo­na “T­hem­ba” Maar­man, en deel­tyd­se be­stuur­der, Ro­ber­to Bey­ers, oor was. (Ro­ber­to ge­bruik die geld wat hy ver­dien om vir sy in­ge­ni­eur­stu­die te be­taal, en daar­om is hy dik­wels in Kaap­stad.)

Met­ter­tyd het Jay­son, wat el­ke og­gend en aand ’n uur of twee in die tuin werk, be­gin be­sef wat die be­lang­rik­ste les van ’n ge­meen­skap­s­tuin is: El­ke suk­ses­vol­le tuin moet ge­lei word deur een of twee ge­mo­ti­veer­de, in­no­ve­ren­de men­se met ’n goeie aan­voe­ling vir en­tre­pre­neur­skap.

“Ek het in der waar­heid die woord ‘ge­meen­skap’ heel­te­mal uit die naam ge­haal,” lag hy, “want dit het men­se laat voel ie­mand skuld hul­le iets.”

Wat be­gin het as “’n i­de­a­le si­tu­a­sie” – met D­re­am Tul­bagh wat ’n groot deel van die steun bied wat Jay­son no­dig ge­had het vir die tuin wat hy wou hê – het kort voor lank in­ge­wik­keld be­gin raak. Jay­son moes by­voor­beeld ’n ruk lank ef­fens teen sy sin voor­sit­ter van

D­re­am Tul­bagh wees, en die me­de­stig­ters van die tuin het sta­dig­aan ál min­der be­trok­ke ge­raak.

Jay­son stoot nog el­ke maand geld in die tuin, maar deur te fo­kus op sy sterk pun­te en sleu­tel­ver­hou­dings bin­ne die ge­meen­skap te vorm het die C­hurch S­treet Kit­chen Gar­dens ’n punt be­reik waar hul­le am­per ge­lyk­breek. Hul­le is een van die min tui­ne in die WesKaap wat spog met ’n by­na on­be­perk­te voor­raad “stink­wa­ter” uit die plaas­li­ke ri­ool­aan­leg. Hul­le be­lug (en sui­wer dus) die wa­ter in ’n ou se­ment­re­ser­voir voor dit ge­bruik word. Hy het ook on­der­han­del vir sken­kings: hout van ’n boer en net van Nor­ce­net om “hok­ke” te bou wat die vo­ëls weg­hou.

“Hier­die,” sê Jay­son en hou tri­om­fan­te­lik ’n ta­ma­tie in die lug wat op die punt is om ryp te word, “is die eer­ste vol­groot­te ta­ma­tie wat ons suk­ses­vol ge­kweek kry.”

Jay­son het ook op­ge­hou om groen­te te plant wat mak­lik ge­steel word – nou fo­kus hy daar­op om plaas­li­ke re­stau­ran­te te voor­sien van ek­so­tie­se vars pro­duk­te wat an­der­sins net in die Kaap be­skik­baar is.

Vir Ta­ra Es­sen­high, sjef by The Tul­bagh Bou­ti­que He­ri­ta­ge Ho­tel, is die tuin soos ’n ga­we van bo: “Al wat ons doen as ons des­pe­raat is vir iets, is om vir Jay­son te bel, en hy le­wer dit nog die­self­de dag af – ge­was en ge­weeg en al­les.”

Bui­ten dié red­dings­po­gings so op die nip­per­tjie laat weet Ta­ra en die an­der sjefs van die om­ge­wing ook voor­af vir Jay­son wat hul­le op hul­le spys­kaart be­plan so­dat hy vol­gens hul­le spe­si­fie­ke be­hoef­tes kan plant. Ker­sie­ta­ma­ties, ei­er­vrug, krul­kool, spi­na­sie­beet en vla­pam­poen­tjies is al­mal ge­wild, maar dis ba­baslaai­bla­re wat ver­re­weg die groot­ste ver­ko­per is.

Jay­son is ver­lig dat hy die lei­sels van D­re­am Tul­bagh kon oor­han­dig aan Ke­vin Beau­mont, voor­ma­li­ge be­stu­ren­de di­rek­teur van die tyd­skrif

The Gar­de­ner en die dryf­krag ag­ter die tuin se skuif na per­ma­kul­tuur. Ke­vin is ook aan die spits van die tuin se vrug­te­boord – iets wat Jay­son

hoop die tuin uit­ein­de­lik by ’n punt sal bring waar hul­le ’n wins maak. As die boord klaar is, sal hul­le “10 van al­les hê wat op Tul­bagh groei” – maar vrug­te­bo­me neem ’n tyd­jie om groot te word en weens die droog­te het van die bo­me wat k­we­ke­rye be­loof het, nooit ’n werk­lik­heid ge­word nie.

Ke­vin, wat reg oor Suid­a­fri­ka en in Eu­ro­pa gaan kyk het wat an­der ge­meen­skap­s­tui­ne doen, is deeg­lik be­wus daar­van dat ag­ter­plaas­tui­ne dik­wels be­ter werk as ge­meen­skap­s­tui­ne. Daar­om wil hy graag die tuin ont­wik­kel tot meer van ’n op­lei­ding­sen­trum waar men­se kan leer hoe om ’n suk­ses­vol­le groen­te­tuin by die huis te be­gin. “Ons be­weeg weg van die i­dee om men­se te voed,” sê hy, “en pro­beer eer­der vir hul­le die mid­de­le gee om hul­le­self te voed. Wat ons hier het, is ’n gul­de ge­leent­heid om men­se uit al die sek­to­re van die sa­me­le­wing te leer. E­ni­ge groen­te wat in ’n huis­of ge­meen­skap­s­tuin ge­kweek word, is ’n ete wat nie van el­ders af in­ge­voer hoef te word nie.” >

GE­MEEN­SKAP­S­TUI­NE

DIÉ BLAD, KLOKSGEWYS VAN LINKS BO Uit die lug uit is dit mak­lik om te sien hoe die C­hurch S­treet Kit­chen Gar­dens se mees­ter­plan lyk; Jay­son se eg­ge­noot, Mar­cel, is ’n suk­ses­vol­le bloe­mis; as jy nie be­reid is om jou han­de vuil te maak nie, kan jy ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.