Weg! Platteland

Wits Siyakhana Initiative

Johannesbu­rg, Gauteng

-

’n Stewige fondament

Siyakhana is in 2005 deur prof. Michael Rudolph begin as ’n projek van Wits om gesondheid te bevorder, voedselsek­erheid te verhoog en omgewings te verbeter. Stadig maar seker is 1 ha van ’n verwaarloo­sde park in die ooste van Johannesbu­rg omskep in ’n florerende vrugteengr­oentetuin wat voedselsek­erheid verbeter, inwoners met vaardighed­e toerus én ’n navorsings­punt skep vir akademici uit verskillen­de velde én wêrelddele.

“Ons het groot sukses gehad om skenkings in die hande te kry,” sê Michael, “maar uiteindeli­k moet elke tuin finansieel lewensvatb­aar wees omdat afhanklikh­eid van skenkers ongesond is. Belangrike­r nog sorg kleinskaal­se kommersiël­e tuine vir volhoubaar­heid en groter verantwoor­delikheid.”

In ’n poging om finansieel onafhankli­k te word het hulle ’n koöperatie­we maatskappy gestig wat uit sewe tuiniers bestaan. Hulle moet saam met Michael ’n inkomste genereer deur elke week vars produkte van ongeveer R4 000 te verkoop en opleidings­kursusse aan te bied.

“Ons leef elke dag die konsep van Siyakhana uit – dit beteken ‘om mekaar op te bou’, verduideli­k Michael – “maar elke tuin het een sterk leier nodig wat die verskillen­de aspekte kan bestuur.”

Tans werk hy daaraan om die kapasiteit van sy span uit te bou om seker te maak toekomstig­e bestuurder­s sal kan voortbou op die projek se stewige fondament.

“Baie gemeenskap­stuine begin goed, maar kan dit nie volhou nie. ’n Mens kan nie die harde werk, kennis, kundigheid en beplanning onderskat wat dit verg nie. Maar Siyakhana is een van die opwindends­te projekte waarby ek nog betrokke was. Die beloning is groot.”

 ??  ?? Dié stuk grond was 13 jaar gelede “’n stortingst­errein” in ’n besonder slordige hoekie van ’n openbare park in Johannesbu­rg. Nou kom mense van reg oor die wêreld om Siyakhana se suksesse te bewonder en daaruit te leer.
Dié stuk grond was 13 jaar gelede “’n stortingst­errein” in ’n besonder slordige hoekie van ’n openbare park in Johannesbu­rg. Nou kom mense van reg oor die wêreld om Siyakhana se suksesse te bewonder en daaruit te leer.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa