Weg! Platteland

Spinasie-en-jogurtdoop­sous

-

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 5 minute

Dié ongewone doopsous is ’n Iranse gereg en word saam met pitabrood as voorgereg voorgesit. Dis ewe lekker saam met warm kos soos gebraaide lamsvleis of hoender.

JY BENODIG

• 1 pak (400 g) spinasie • 1 klein knoffelhui­sie, fyngedruk • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie • 160 ml gewone jogurt • 1 eetlepel (15 ml) gekapte vars

mentblare • 25 g pistasiene­ute

SÓ MAAK JY

Kry ’n groot kastrol vol water aan die kook, dompel die spinasie daarin en dreineer dit amper onmiddelli­k. Sodra dit effens afgekoel het, gebruik jou hande om die water uit die spinasie te druk. Kap die spinasie baie fyn.

Soteer die knoffel en spinasie vir enkele minute in ’n pan met die olyfolie tot die mengsel deurwarm is. Dreineer weer enige vloeistof, indien nodig, en laat dit afkoel.

Roer die spinasieme­ngsel deur die jogurt en geur dit met ment. Proe en geur dit na smaak met sout en gemaalde swartpeper. Sprinkel laastens die pistasiene­ute booor en sit dit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa