Weg! Platteland

Kaas-en-spinasiebr­oodjie

-

Hierdie broodjie het ’n baie sterk geur en gaan beslis net by grootmense byval vind. Vir my is dit die lekkerste kos op ’n Sondagaand, veral saam met ’n koue bier.

Genoeg vir 2 Bereidings­tyd 5 minute Gaarmaakty­d 5 minute

JY BENODIG

• 2 eetlepels (30 ml) botter • 2 koppies (500 ml) gekapte

spinasie • ½ teelepel (2,5 ml)

dijonmoste­rd • ½ teelepel (2,5ml) worcesters­ous • 2 eetlepels (30 ml) room • 2-4 wraps • 1 koppie (250 ml) gerasperde

gruyèrekaa­s

SÓ MAAK JY

Verhit ’n pan en smelt die botter daarin. Soteer dan die spinasie tot net-net verwelk. (Doen dit oor ’n taamlike hoë hitte sodat die vog kan verdamp.) Dreineer die spinasie deeglik, skep dit in ’n bakkie en roer die mosterd, worcesters­ous en room by.

Vee die pan uit. Sit een wrap in die pan. Smeer van die spinasie daaroor en sprinkel kaas bo-oor. Sit ’n tweede wrap bo-op.

Verhit die pan en braai dit vir ’n paar minute totdat die onderkant begin bruin word. Draai die wrapbroodj­ie om en braai die ander kant totdat die kaas gesmelt het.

Gly dit op ’n houtbord uit en sit dit dadelik voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa