Weg! Platteland

Wyse gryse

-

In haas elke badkamer en toilet in die Kaap en ander droogteget­eisterde dele van die land staan deesdae emmers met gryswater rond vir die kere wanneer die toilet wel gespoel moet word.

’n Aansienlik eleganter oplossing is die nuwe Waterloo, ’n bekostigba­re, gebruikers­vriendelik­e “gryswatert­enk” wat jy maklik en vinnig bo-op jou toilet se waterbak installeer en wat inskakel by die spoelmegan­isme.

Ja, jy moet natuurlik steeds die gryswater aandra en in die Waterloo gooi, maar hy hou genoeg sodat jy die toilet meer as een keer kan trek. Jy of jou gaste of jong kinders hoef dus nie elke keer met ’n emmer van die waskamer af te strompel om die toilet gespoel te kry nie.

Waterloo is die breinkind van die Stellenbos­se industriël­e ontwerper Retief Krige en sal binnekort by uitgesoekt­e ysterwarew­inkels in die Wes-kaap te koop wees. Dis nóg goedkoper as jy dit sommer direk op hulle webwerf bestel. Teen druktyd het ’n enkelpak (vir een toilet) R399 gekos en ’n dubbelpak R749.

Kontak mywaterloo.co.za 021 880 1713 info@mywaterloo.co.za >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa