Weg! Platteland

IS OESTER NOU ASPOESTER?

- Kobus du Toit, OESTERBAAI

Oesterbaai is een van vier dorpe wat bespreek is in Jac Kritzinger se bestemming­storie onder die opskrif “Tussen die suiwel en die diepblou see” (mooi woordspeli­ng) in die Somer 2017-’18-uitgawe van Platteland.

Dit is so jammer dat ’n joernalis met ’n paar letters op papier alles kan vernietig wat oor jare met groot moeite en koste tot stand gebring is. Ons besoek Oesterbaai al meer as 40 jaar en besit vir ’n groot deel van dié tyd ook ’n vakansiehu­is daar.

In die heel eerste sin van die artikel word die negatiewe trant gevestig met die verwysing na piepklein, verlate en windverwaa­id. Ek sou nie sê ’n dorp met meer as 200 wonings is “piepklein” nie en allermins verlate! Die joernalis het hom nie eens verwerdig om die amptelike verteenwoo­rdigers van Oesterbaai se mense (permanent en nie-permanent) op te spoor en ’n mening te kry nie.

U artikel dra niks by om ons unieke paradys te bemark nie en ek vertrou dat u in die toekoms twee keer sal dink voordat sulke swak berigte die wêreld ingestuur word! Jy het te vinnig gelees, Kobus – die skrywer het met minstens ses inwoners en/of vakansiega­ngers op Oesterbaai gesels. Ons hou ver verby “amptelike” verteenwoo­rdigers wat dikwels net die soort vals lofliedere sing wat jy in glansryke reistydskr­ifte sal aantref. “Piepklein, verlate en windverwaa­id” klink dalk vir sommige mense negatief, maar ander sal wat gee om op so ’n plek te gaan woon. – Reds. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa