Weg! Platteland

Groentetui­n op stelte

- Anita Parkin, RUSTENBURG

Ek en my man, Ronnie, is al 38 jaar getroud en woon steeds in dieselfde huis wat ons net so lank terug vir ons gebou het.

Ek mis nie ’n enkele uitgawe van Platteland nie en geniet veral julle groentetui­nartikels omdat dit vir my heerlik is om ons eie voorraad groente te kweek. Ek beskou tuinmaak as terapie, maar dit is ook net lekker om na my houertuin te stap wanneer dit tyd is om slaai te maak of die dag se etes te beplan en dan jou eie groente vars uit die grond uit daarvoor te gebruik.

Omtrent twee jaar gelede het ek die idee gekry om die groentetui­n eerder in houers aan te plant omdat ons plek min is en omdat die ou rug begin sukkel het om so laag te buig en in die grond te delwe, al is ons sommer nog baie jonk van gees.

Ek het by ’n wildboer vier plastiekho­uers present gekry waarin veelekke verkoop word, en my man het dit vir my middeldeur gesny, staalstaan­ders daarvoor gesweis en besproeiin­g geïnstalle­er. Goeie grond is ingewerk en siedaar! Vier maande gelede het ek nóg 10 halwe dromme gekry. Ons boer vooruit!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa