Weg! Platteland

Vrot vertalings en ander dinge wat my die hoenders in maak

-

Ek is ’n Engelse leser en moet kla oor die vertalings van Afrikaans na Engels op Platteland se Facebookbl­ad! Boonop het die hoender in die P van Platteland in die Winter 2017-uitgawe (bl. 4, langs die redakteurs­brief) én in die Lente-uitgawe (bl. 6) agter die P gaan wegkruip... Trouens, die hoender beweeg stadig boontoe – hy was eers op die grond ( Winter 2017) pleks van trots op sy slaapplek. Kan dit wees dat dit gebeur vanweë die swak vertalings? Jurgen Wohlfarter, SIMONSKLOO­F (MONTAGU-DISTRIK) Ons vra om verskoning, Jurgen, maar die meeste van ons Facebookin­skrywings is in Afrikaans én Engels – daardie nare vertalings is Facebook se werk. Jy kan dié outomaties­e funksie afskakel deur regs bo na “Settings” te gaan en dan te klik op “What language do you want stories to be translated into?” Oor daardie rustelose hoender: Ons raai jy, Jurgen, is ’n valk... – Reds.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa