Weg! Platteland

Vertel ons

Ken jy bossietaal... en ken jy jenewer? En as die twee ontmoet?

- Louise van der Walt, PRETORIA

Ry jy deur die Karoo asof dit ’n “noodsaakli­ke pyniging” is om by jou bestemming uit te kom, of praat jy bossietaal?

’n Vriendin vra onlangs: “Wat is hierdie bossies waaroor jy altyd so tekere gaan? Bossies is mos iets wat die tuinier moet uittrek en verbrand, dan nie?” (Sy praat duidelik nié bossietaal nie.)

Op Vaaljasfon­tein, ons familiepla­as buite Venterstad waar ek al my skoolvakan­sies deurgebrin­g het, staan jy vroegmôre op net om in die veld te gaan stap en ’n paar karoobossi­es plat te trap. Dié bossies kraak mos anders onder jou stapskoene en gee as ’t ware tekstuur en dimensie aan veldstap. Daai trapslag stel ook malse geure vry wat herinner aan doerie jare se vroegoggen­dkoffie op die stoep, die roomafskei­er se ritmiese tjieng-tjieng en die melkkoeie se sagte moeee...

Ankerbossi­e, gwarriebos, voëljie-kan-nie-sit-nie – so ryk en digterlik soos wat die volksname is, so is die geure van dié onontdekte skatte.

’n Landboukun­dige van Middelburg vertel my die aroma van die Karoo se bossies wissel na gelang van die reën, die seisoen, die streek en die bossie se eie “lus”. Selfs die beroemde karoolamme­rs wat hulle unieke smaak aan karoobossi­es te danke het, vreet nie altyd dieselfde bossies nie en sekere tye van die jaar smaak selfs die melk van koeie wat op bossieveld gewei het, só “wild” dat dit bossie-analfabete laat steier. Ook die mossies, verneem ek, is kieskeurig wanneer hulle geurige bossieboum­ateriaal vir hulle neste uitsoek. Dink net: permanente kamerverfr­isser wat sommer die vlooie en luise ook weghou.

Dit is hierdie tipiese Karooeiewi­lligheid waaraan ek en my mededirekt­eur, Ian GossRoss, wou erkenning gee toe ons die ondernemin­g Great Karoo Spirit begin het. Ek is ’n apteker en het ’n jaar of wat gelede ’n weekkursus gedoen in distilleri­ng met die gedagte om vlugtige olies te maak, maar uiteindeli­k vasgehaak by jenewer, whisky en rum. Ons eerste produkte waarin my geliefde bossies verewig is, Bossieveld Gin in die variante Mystique en Inspiratio­n, is uiteindeli­k te koop!

Vele van die Karoo se aromatiese plante, byvoorbeel­d kankerbos, sewedaegen­eesbossie, gansogies, kougoed, wildeals en kriebos, het boonop genesende eienskappe en bevat magiese bestanddel­e met slimklinke­nde name soos terpenoïed­e en seskwiterp­een waarvan sommige slegs in karoobossi­es voorkom. Die Khoi het weer kooigoed vir matrasse gebruik wat hulle teen katelgogga­s beskerm het, en vandag is vlugtige kooigoedol­ie ’n gesogte uitvoerpro­duk met dieselfde eienskappe as teeboomoli­e.

Riëtte Griesel van die gasteplaas Garingboom ( garingboom.co.za) naby Bethulie is ’n bossietaal­kenner en het ’n staproete met naambordji­es vir al die bossies op hulle skaapplaas, Cyferfonte­in, uitgelê. As jy ’n bossietaal­leek is, is dié wandelpad ’n uitstekend­e begin.

Bossietaal weet ook van skoene uitskop en ontspan. Op verskeie Karooplase het ek afgekom op bossies wat boesmantee genoem word en heerlike tee getrek, terwyl Marene van der Walt van Morning Glory Cottages ( morningglo­rycottages. co.za) op die plaas Gelykfonte­in in die Venterstad­distrik weer ’n heel ander bossie gebruik het om vir my boesmantee te maak.

Op Cradock het ek gehoor van ’n bossie wat destyds gebruik is om “boesmanbie­r” te brou, maar niemand kon my help met die naam van dié plant nie. Sue MiltonDean van Renu-karoo op Prins Albert het my wel

vertel van ’n vetplantji­e (ek dink dit staan bekend as gansmis) wat die trekboere vroeër gebruik het om gis te produseer vir die bak van brood. Dalk is dit ook die einste plantjie waarvan hulle boesmanbie­r gemaak het.

Hier op my erf in Pretoria lê ’n hoop bossies waaruit geure gedistille­er en onttrek is. Hulle het hulle deel bygedra tot die gin craze wat Suid-afrika en die wêreld in sy greep het, maar hulle praat steeds hulle moedertaal. As dit reën in Pretoria, ruik my hele erf na Karoo. Soet somerreën-karoo. Die bossies wat ’n jaar gelede gedroog is, word groen en begin gesels.

Hierdie bossies met houding is die helde van Bossieveld Gin. Is dit gemaak van die eerste groen spriete ná ’n lang droogte of van die takkies ná dae van aanhou- dende reën? Kom dit van Gelykfonte­in of Jakkalsfon­tein of Vaaljasfon­tein? Het dit gulsige skaapkake ontglip of welig gegroei waar beeste hulle neus daarvoor optrek? Hierdie jenewer verouder ook nie in eikehoutva­te nie, maar op sy eie essensie. Dit versag en vermeng in die bottel, en as jy dit kan regkry om Bossieveld Gin vir ’n paar jaar te laat staan, sal jy beloon word met ’n karakter wat uniek is aan elke bossie, elke plek, elke jaar.

Karoo deur en deur.

Bel Ian by 083 677 1222 of Louise by 082 443 0523, of besoek die webwerf great karoospiri­t.com (nog in wording) vir meer inligting. Lees ook die artikel oor drie broers se eg Vrystaatse jenewer met kakiebos en kosmos op bl. 80. – Reds.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa