Laat ’n mens dink

Wat­ter les­se leer ons uit die wa­ter­kri­sis?

Weg! Platteland - - Contents -

Ter­wyl ons hier skryf, het Kaap­stad uit­ein­de­lik wak­ker ge­skrik en be­sef die kans is goed dat daar nie ge­noeg wa­ter in die dam­me sal wees om die mu­ni­si­pa­le py­pe aan die gang te hou nie – nie voor die win­ter se re­ën val nie. Dis al waar­oor men­se praat; jy vóél die pa­niek.

As elk­een hul­le wa­ter­ver­bruik tot on­der 50 ℓ per dag kan be­perk, kan ons “Dag Ze­ro” ver­my (teen druk­tyd 11 Mei). Die kan­se dat aan­vul­len­de nood­voor­raad en vroeë win­ter­re­ën ons bas gaan red, is skraal. Die toe­wy­sing aan die land­bou­sek­tor uit dam­me wat die stad se wa­ter voor­sien, is reeds ge­sny.

Nood­saak­li­ke wa­ter­be­spa­ring hang af van in­gry­pen­de ge­drags­ver­an­de­ring. Ge­du­ren­de die Aus­tra­lie­se droog­te van 2000 tot 2010 was die laag­ste ver­bruik 129 ℓ per per­soon per dag. Meer as die helf­te van Kaap­stad se in­wo­ners kry dit reg om on­der die perk van 50 ℓ te bly. Ons is ge­fik­seer op wa­ter­me­ters, laat net ’n klein stroom­pie uit die kraan loop, stort net ’n mi­nuut lank met ’n plas­tiek­skot­tel on­der ons voe­te, en ge­bruik was­ma­sjien­wa­ter om ons toi­let­te te spoel. Maar die no­di­ge wa­ter­be­per­kings het ho­pe­loos te laat ge­kom en nie al­mal steur hul­le daar­aan nie.

Bin­ne en­ke­le maan­de gaan die stad dalk wa­ter moet uit­deel by 200 pun­te – net 25 ℓ per per­soon per dag.

DIE GROTER PRENTJIE

Na­tuur­lik bla­meer men­se me­kaar oor en weer vir die si­tu­a­sie. In Kaap­stad wys die vin­gers na die re­ge­ring wat nie voor­sie­ning ge­maak het vir die be­vol­king wat se­dert 1995 ver­dub­bel het nie, maar die waar­heid is dat daar nie meer groot ri­vie­re ís wat op­ge­dam kan word nie. Ons ri­vie­re word reeds oor­ge­bruik, mis­bruik en ver­swak. Dit sou kort­sig­tig wees om hul­le ver­moë ver­der te skaad om wa­ter skoon te hou en be­smet­ting te ver­wy­der, vloe­de te ver­sag, in ri­vier­mon­dings broei­plek te ver­skaf, en wa­ter reg oor die land­skap te ver­skaf. En wat op­per­vlak­wa­ter be­tref, is daar geen vin­ni­ge of mak­li­ke op­los­sings nie.

Die Stad Kaap­stad raam dit sal R15 mil­jard kos om ont­sou­tings­aan­leg­te te bou wat 450 me­ga­li­ter per dag le­wer. Voeg daar­by in­stand­hou­dings­en e­ner­gie­kos­te, en die raad van in­ter­na­si­o­na­le ken­ners om op grond­wa­ter te fo­kus blyk die op­los­sing te wees.

Die eer­ste stap om wa­ter­dra­ers te ont­gin het meer as ’n de­ka­de ge­le­de be­gin met na­vor­sing en die in­sa­me­ling van grond­da­ta. Die wie­le is aan die rol vir nood­ge­bruik, maar nie­mand weet hoe­veel wa­ter ont­trek kan word nie. Selfs al is dit ge­noeg vir die stad se be­hoef­tes, sal mas­sa­ont­trek­king oor die ja­re sorg­vul­dig dop­ge­hou moet word om se­ker te maak die op­brengs is vol­hou­baar en daar’s geen on­ver­wag­te ge­vol­ge vir e­ko­stel­sels en land­skap­pe wat af­hank­lik is van grond­wa­ter nie.

Selfs met goeie re­ën gaan er­ge wa­ter­be­per­kings vir min­stens die vol­gen­de twee jaar die nu­we norm wees vir Ka­pe­naars. Die gra­fie­ke hier­on­der wys die stand van dam­me in die Wes­kaap­se wa­ter­voor­sie­ning­stel­sel. Jaar op jaar het die voor­raad ná drie droë ja­re ge­tui­mel (die T­hee­wa­ters­kloof­dam ver­skaf by­na die helf­te van Kaap­stad se wa­ter). In­dien die droog­te ge­breek word, sal ons steeds die vol­gen­de so­mer bin­ne­gaan met min­der wa­ter as laas­jaar. Dus is te min re­ën maar een deel van die pro­bleem. In die So­mer 2017­’ 18uit­ga­we van Plat­te­land het Ja­mes Ree­ler ge­skryf oor wê­reld­wye kli­maats­ver­an­de­ring. Ons weet dalk nie pre­sies hoe die weer op e­ni­ge spe­si­fie­ke plek gaan ver­an­der nie, maar ons is dood­se­ker die ho­ër vlak­ke van CO in die at­mos­feer 2 sál re­ën­val­en tem­pe­ra­tuur­pa­tro­ne ver­an­der. Ons weet daar sal selfs fel­ler en meer ge­reel­de vloe­de en droog­tes wees. In ’n wê­reld van toe­ne­men­de on­voor­spel­baar­heid wat die kli­maat be­tref, is ons streek as dit by wa­ter kom, een son­der ’n vei­lig­heids­net.

Kits­op­los­sings is daar nie. Ons moet die ma­nier hoe ons leef en wa­ter be­stuur, fun­da­men­teel ver­an­der. Pleks daar­van om die na­tuur vir nóg wa­ter te

vra en die ri­si­ko van ’n ramp te hê as dit nie ge­beur nie, moet ons fo­kus op die om­ge­wing en lang­ter­myn­op­los­sings.

KYK NA ONS ‘WATERFABRIEKE’

In ’n wa­ter­arm streek is na­tuur­ge­bie­de al­ler­mins ver­lo­re ge­leent­he­de vir ont­wik­ke­ling; dit is waterfabrieke wat ons kos­baar­ste hulp­bron op­vang, berg, skoon­maak en weer vry­stel. Ons moet be­sef as ons ons stel­sels ver­swak, ver­loor hul­le hul­le ver­moë om ’n buf­fer te vorm teen ver­an­de­rin­ge in die kli­maat én om in droë tye grond­wa­ter te ver­skaf. Dít be­te­ken be­staan­de be­leid en wet­te moet be­ter toe­ge­pas word en die re­ge­ring moet om­ge­wings­im­pak­te re­gu­leer wat e­ko­lo­gie-in­fra­struk­tuur skaad.

Ons weet as ons wa­ter­op­vangs­ge­bie­de be­skerm en na­tuur­li­ke plant­buf­fers rond­om vlei­lan­de en ri­vier­stel­sels het, loop wa­ter sta­di­ger weg – dus word die wa­ter die heel­tyd vry­ge­stel pleks daar­van om ná ’n re­ën­bui weg te loop. Ri­vier­buf­fers stuit e­ro­sie en se­di­ment­vor­ming, en be­perk be­smet­ting van che­mie­se land­bou­stow­we en be­soe­de­ling. On­danks goeie om­ge­wings­be­leid en -wet­ge­wing hou ons aan om tot reg teen­aan ri­vier­oe­wers te ploeg en plan­te­groei te ver­wy­der; ons hou aan om vlei­lan­de te be­ska­dig. On­vol­hou­ba­re land­bou-uit­brei­ding na na­tuur­li­ke ha­bi­tat­te ver­oor­saak ook e­nor­me druk op op­per­vlak- én grond­wa­ter. Ons móét be­sef selfs pri­va­te grond moet tot voor­deel van al­mal be­stuur word.

In­drin­ger­bo­me ge­bruik groot hoe­veel­he­de wa­ter ver­ge­le­ke met in­heem­se plan­te­groei. Die ku­mu­la­tie­we uit­wer­king op dam­me en ri­vier­op­vangs­ge­bie­de is e­norm, ver­al in dro­ër tye. Die na­si­o­na­le pro­gram Werk vir Wa­ter is be­gin op grond van be­wy­se dat dit goed­ko­per en doel­tref­fen­der is om wa­ter be­skik­baar te stel deur in­drin­ger­bo­me uit te roei as om dam­ka­pa­si­teit te ver­groot. Maar dié pro­gram en pri­va­te grond­ei­e­naars se po­gings is ’n drup­pel aan die em­mer as ’n mens kyk na die om­vang van in­drin­gers in ons op­vangs­ge­bie­de vir dam­me en wa­ter­dra­ers.

VERMINDER DIE AANVRAAG

So­wat 64% van Suid-a­fri­ka­ners woon in stads­ge­bie­de. Daar­om is goeie stads­be­plan­ning nood­saak­lik – vir le­wens­krag­tig­heid, om ram­pe te trot­seer en om op te staan ná om­ge­wingskok­ke.

Be­taal die wa­re prys van wa­ter Wa­ter­pry­se moet die kos­te in­sluit om na die land­skap om te sien wat wa­ter pro­du­seer. Ver­skil­len­de ta­rief­vlak­ke (ná ’n ba­sie­se toe­lae) sal sorg vir meer vol­hou­ba­re ver­bruiks­pa­tro­ne.

Stuit la­e­digt­heids­ont­wik­ke­ling Daar is ’n reg­streek­se ver­band tus­sen hulp­bron­ver­bruik en die vorm van ste­de en dor­pe. Men­se is in die al­ge­meen taai­er en ge­luk­ki­ger in ho­ë­digt­heid­ste­de en -dor­pe wat om­ring word deur oop land­bou- en na­tuur­land­skap­pe. SuidA­fri­ka­ners het ge­woond ge­raak aan la­e­digt­heid­voor­ste­de, en nu­we woon­ont­wik­ke­lings sit dié ten­dens voort. Selfs die re­ge­ring se be­hui­sings­pro­gram skep een­to­ni­ge slaap­dor­pe. Uit­brei­ding aan die rand van ste­de­li­ke ge­bie­de verg nu­we diens­te-in­fra­struk­tuur – wat die voet­spoor ver­groot en die kos­te van be­hui­sing op­jaag. En dit gaan nie net oor wa­ter nie; nu­we ont­wik­ke­lings ver­plaas ook land­bou­grond en bi­o­di­ver­si­teit én ver­hoog ver­keers­druk en uit­laat­gas­se.

Bou vol­hou­baar Ons moet nu­we, be­ter be­plan­de woon­buur­te aan­gryp en be­reid wees om na­der aan me­kaar te leef – in dub­bel­ver­die­ping­hui­se of woon­stel­le, na­by o­pen­ba­re ver­voer en die plek­ke waar ons woon en ont­span. Ons moet oop ruim­tes deel. Nu­we woon­ont­wik­ke­lings moet goed

ont­werp­te weer­ga­wes hê van die wa­ter­be­spa­ren­de in­fra­struk­tuur wat ons uit­dink om die kri­sis te bo­we te kom – din­ge soos re­ën­wa­ter­tenks, eie grys­wa­ter­her­win­ning en a­par­te lood­gie­terswerk vir toi­let­bak­ke. Ons moet op­hou om drink­wa­ter vir tui­ne en toi­let­te te ge­bruik. Uit­ein­de­lik moet ons ge­mak­lik raak om te doen wat die mees­te ont­wik­kel­de lan­de de­da­des lank al doen: om af­val­wa­ter te be­han­del en weer te ge­bruik pleks daar­van om dit in die see te laat weg­loop.

Ver­sterk ons ge­meen­skap­pe Woon­buur­te ta­kel reeds self van hul­le pro­ble­me: Hul­le vorm buurt­wag­te en W­hat­sapp-groe­pe. In hier­die kri­sis moet ons om­sien na die­ge­ne wat weer­loos en son­der die no­di­ge mid­de­le is – men­se soos ge­strem­des, be­jaar­des en die­ge­ne son­der ver­voer. As die kri­sis ver­by is, moet ons ons nu­we heg­ter ge­meen­skap­pe be­hou en ons stem dik maak in plaas­li­ke be­sluit­ne­ming.

Hier­die kri­sis is bloot ’n erns­ti­ge mik­ro­weer­ga­we van die groter prentjie. Teen Ju­nie 2016 was die droog­te só erg dat agt uit die ne­ge pro­vin­sies tot ramp­ge­bie­de ver­klaar is. Dié si­tu­a­sie moet ’n voor­beeld wees vir die res van die wê­reld.

Win­ston C­hur­chill het ge­sê: “Ne­ver let a good cri­sis go to was­te.” Ons hoop hier­die is ’n ge­leent­heid om te be­sef kli­maats­ver­an­de­ring en plaas­li­ke na­tuur­stel­sels be­ïn­vloed ons wel­stand reg­streeks. En mag ons leer om e­ko­lo­gie-in­fra­struk­tuur te be­skerm – en vol­hou­ba­re voor­raad-en­ge­bruiks­pa­tro­ne bin­ne die be­per­kings van ons hulp­bron­ne tot stand bring.

Dr. Do­no­van Kirk­wood is ’n on­af­hank­li­ke bi­o­di­ver­si­teit­spe­si­a­lis ( e­co­lo­gi­cal.co.za) en Wal­ter Fieuw die stig­ter van Ma­king of Ci­ties ( ma­king­of­ci­ties.org), ’n stads-en-streeks­ont­wik­ke­lings­kon­sul­tant­groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.