My dorp

Ontmoet die reg­te én na­week­boe­re van Ton­tel­doos

Weg! Platteland - - Contents - TEKS EN FOTO’S PE­TER VAN NOORD

Ton­tel­doos is nie van hier­die wê­reld nie. Men­se noem dit ’n dorp, maar eint­lik is dit glad nie ’n dorp nie, al is daar die­ge­ne wat van ’n sa­ke­kern praat. Dis eer­der ’n plek, hoe­wel jy nie mooi weet waar dit be­gin en ein­dig nie. Daar is ’n hoof­straat – een lang stof­straat – met ’n vyf stuks hui­se en net so­veel be­sig­he­de wat ver uit me­kaar se pad uit lê en slui­mer. Die plek het nie er­we of straat­lig­te nie, selfs nie eens ’n NG kerk nie, maar daar is wel ’n Rooms-ka­to­lie­ke kerk ’n klip­gooi bui­te die kern en in­wo­ners woon op “per­se­le” wat ná die on­stui­mi­ge tye van die Ma­po­chs­oor­loë en die Ang­lo-boe­re­oor­log rond­om stroom­pies uit­ge­meet is. Hier was eens op ’n tyd ’n skool, maar dié moes teen die ein­de van die vo­ri­ge mil­len­ni­um nood­ge­dwon­ge sy deu­re sluit na­dat hy die twy­fel­ag­ti­ge eer ge­had het om ’n 100%-druip­sy­fer te kry.

In die win­kel of drank­win­kel of kof­fie­win­kel – óf op ’n Woens­dag­aand in die High-si­de Ta­vern waar die in­wo­ners by­me­kaar­kom vir ’n bur­ger en ’n bier en lek­ker ge­sels – sal ie­mand jou ver­tel daar bly “so 38 men­se” in dié hoe­kie van Lim­po­po, maar tus­sen die groen heu­wels en rooi klip­pe en goud­geel a­rons­kel­ke is ook ’n paar hon­derd sie­le wat ’n klein be­staan in stat­te voer. ’n Be­staan met don­kies en bees­te en vuur­maak­hout en die veld... en bloed­wei­nig geld.

Selfs die naam is nie van hier nie. Kyk maar na die ver­dwaas­de, dik­wels ge­a­mu­seer­de uit­druk­king op die mees­te men­se se ge­sig as jy dit sou waag om te sê: “Kom ons gaan kyk ’n bie­tjie wat gaan aan op Ton­tel­doos.”

Ton­tel­doos voel in­der­daad soos ’n an­der pla­neet. Maar Ton­tel­do­sers ver­kies dit om pre­sies so ver van die ra­dar af te wees. Dié dat ie­der­een ef­fens ge­ïr­ri­teerd die oë rol as be­soe­kers so steen en been kla – as hul­le hier aan­kom, maar ook op so­si­a­le me­dia en web­wer­we soos T­ri­pad­vis­or – oor die hag­li­ke toe­stand van die pad tus­sen hul­le en die naas­te “reg­te” dorp, Dull­stroom, skaars 22 km weg, an­der­kant die grens in M­pu­ma­lan­ga. >

Die sta­ti­ge ou huis met die uit­bun­di­ge tuin is se­ker­lik Ton­tel­doos se be­kend­ste ba­ken. Voor­op is ’n bord wat aan­kon­dig “The C­hee­se S­hop”, maar op die gras bui­te sê ’n an­der bord­jie “Mo­re than just c­hee­se”.

Dié huis, wat in 1899 ge­bou is, het in­der­daad al ve­le hoe­de ge­dra: woon­huis, In­di­ër­win­kel, kaas­win­kel en van­dag die tuis­te van To­tal­ly Ton­tel­doos, die be­sig­heid wat Tan­ja Ca­ma­cho in 2013 be­gin het. Sy maak ’n rits hand­ge­maak­te wa­re soos in­ge­maak­te groen­te en vrug­te, kon­fy­te, droë kruie en vilt­pro­duk­te, én die rak­ke staan vol mooi snuis­te­rye. Tans is die plek in die mark, reg vir die vol­gen­de hoof­stuk.

Bin­ne lê daar ’n hond op el­ke leun­stoel uit­ge­strek, en ’n bord­jie maak dui­de­lik wat Tan­ja se ba­sie­se re­ëls is: “Re­li­gi­on, po­li­ti­cs and the sta­te of the ro­ad not to be dis­cus­sed.”

By een van die ta­fels steek ’n groot man met vrien­de­li­ke blou oë en ’n breë glim­lag sy hand uit: “Ben S­tru­wig, aan­ge­na­me ken­nis.”

Ben is een van die hand­jie vol stoe­re boe­re wat nog hier in die val­lei tus­sen die S­teen­kamps- en Ma­po­chs­berg ’n be­staan uit die aar­de maak.

“Ons is nou al ses ge­slag­te op die­self­de plaas. Ek is die vyf­de – die der­de ge­slag S­tru­wig – op K­lip­bank­spruit. Van­dag is ons hoof­saak­lik bees­boe­re wat ook ’n bie­tjie mie­lies plant, en dan tef waar­mee ons ron­de ba­le van 1,2 m in deur­snee maak.” Ben knik sy kop sta­dig ter­wyl hy die ver­te in staar. “Ja, die laas­te 10-12 jaar maak ek eint­lik maar ba­le vir ’n le­we.”

Ben ver­tel Ton­tel­doos was vroe­ër ja­re be­kend vir sy per­skes en ap­pel­ko­se, maar weens ar­beids­pro­ble­me en baie ha­el is hier­die nie reg­tig vrug­te­wê­reld nie. “Ons kan nie pak om vrug­te op die mark te ver­koop nie, maar dis da­rem 100% om kon­fyt te kook en in te maak en mam­poer te stook. My v­rien­din kook kon­fyt op taam­li­ke groot skaal – sy is hoe­ka met 2 000 bot­tel­tjies kon­fyt weg na die Ma­ga­lies­kruin-kers­mark.”

Ben is nug­ter soos net ’n boer kan wees oor die ver­an­de­ring wat hy die af­ge­lo­pe 15-20 jaar op Ton­tel­doos be­speur. “Dis on­ge­loof­lik hoe dit van ’n ou land­bou­dor­pie ver­an­der het in ’n plek met na­week­boe­re, meest­al En­gel­se men­se met geld wat ’n na­week­plek aan­skaf. Maar...” Hy leun vo­ren­toe en sê na­druk­lik: “Jy kan e­ni­ge stuk grond vat in Ton­tel­doos, hul­le hou sel­de meer as vier jaar hier uit. Jy moet kom met ’n sak vol geld, want ’n boer­de­ry op so ’n stuk­kie grond is een­vou­dig nie le­wens­vat­baar nie.

“Dull­stroom is ge­ves­tig as ’n be­stem­ming, maar men­se wat Ton­tel­doos toe ry, ry nie vol­gen­de na­week weer hier­na­toe nie. En in die ge­meen­skap is hier se­ker om­trent R1 000 wat be­stee kan word, en dís al wat daar is. Jy kan maar met e­ni­ge i­dee kom, ek het hul­le al al­mal ge­sien die af­ge­lo­pe 30 jaar.

“Maar na­tuur­lik dink al hier­die men­se jy is ne­ga­tief as jy vir hul­le sê iets gaan nie werk nie – en daar­mee be­doel ek jy gaan nié geld maak en aan die le­we bly as jy nie óf baie geld óf ’n an­der in­kom­ste het nie. In­tus­sen sien hul­le al­mal hoe men­se op Dull­stroom ’n gas­te­huis be­gin of klip­hui­sies bou, en nou doen al­mal dit hier. Die­self­de met die fo­reldam­me. Die mees­te

dam­me hier is som­mer pad­da­damme­tjies, maar daar is na­tuur­lik ’n mark daar­voor, want dis nie naas­ten­by so duur soos op Dull­stroom nie. Jy moet net die sleg­te pad ry, jou eie drank en vleis bring, en jy kan ’n baie goed­ko­per na­week hê.

“Kyk, een ding is ’n feit: Ton­tel­doos met sy on­ge­rep­te na­tuur en veld en klip­pe is min­stens tien keer mooi­er as Dull­stroom, maar hier ís net nie geld nie. En hier sal nooit ont­wik­ke­ling kom nie. Baie ou­ens se pro­bleem is dat hul­le ’n ver­band op hul­le grond het en dan to­taal oor­ka­pi­ta­li­seer – en dan word dit S­tan­dard Bank se grond. Een ou sco­re iets, dan be­gin die si­klus van voor af.”

Na­week­boe­re dié het hy al ge­sien kom en gaan. “Van­dag is daar nog so 4­5 men­se oor wat ak­tief boer, wat e­lek­tri­si­teit moet be­taal en aan die ein­de van el­ke maand hul­le wer­kers. Die res is al­mal na­week­boe­re wat nie af­hank­lik is van die grond vir hul­le in­kom­ste nie en nie af­hank­lik is van re­ën nie. Jy sien hier­die din­ge en jy pro­beer raad gee, maar ’n mens is mos ’n snaak­se ding: Hy wil mos al­tyd vir ’n an­der een wys hy sal die wiel her­ont­dek, selfs al maak jy nie wins nie.”

Die pad, sê hy, is die an­der ding. “Dis die ene ga­te en sink­plaat, wob­ble all the way.”

Tan­ja lag: “Ag wat, as jy te­rug­kom van Dull­stroom af, voel dit of jy by die chi­ro­prak­ti­syn was!”

BEN, WAT 11 JAAR GE­LE­DE met Guil­lain­bar­ré­sin­droom ge­di­ag­no­seer is en van­dag nog suk­kel met die na­ge­vol­ge daar­van – hy moet van­jaar ’n hart­o­pe­ra­sie on­der­gaan om are te her­stel, “ek is al­tyd van ba­lans af en dees­dae is trap­pe my baas... en ek was nie al­tyd so groot nie, hoor!” – kén die ge­skie­de­nis van Ton­tel­doos.

“Dis ’n ge­skied­kun­di­ge plek wat op Ma­po­chs­gron­de ont­wik­kel het. Hier praat ons nie van er­we nie, maar per­se­le – pla­se wat des­tyds met per­de af­ge­meet is. Dit was ná die twee Ma­po­chs­oor­loë en die Ang­lo­boe­re­oor­log toe men­se moes be­gin werk, so al langs die stroom­pies. Die per­se­le was 16 morg elk, en so het elk­een maar sy hui­sie ge­kry, sy dam, sy vrug­te­boord. Die per­se­le het vrees­li­ke snaak­se gren­se en hoe­ke so­dat elk­een toe­gang het tot wa­ter – dis hoe­kom die En­gel­se wat nou in­kom, won­der hoe­kom hul­le stuk­kie grond 12 hoe­ke het!”

Oor die sto­rie waar Ton­tel­doos se naam van­daan kom, draai Ben nie doe­kies om nie. “Man, daai sto­rie van >

die land­me­ter wat kas­tig sy ton­tel­doos hier ver­loor het, is som­mer ’n k—sto­rie. ’n Land­me­ter is ie­mand wat net na ’n plek toe kom wat klaar ’n naam het. My ma-hul­le het ver­tel hoe die Boe­re met hul­le per­de en os­se ge­trek het, en toe hul­le daar by Jas Ven­ter se plaas kom waar die Ton­tel­doos­lo­pie en die Ma­rais­lo­pie by­me­kaar kom, kom daar toe ná ’n stort­re­ën ’n klomp wa­ter af en die Boe­re slaan la­er op. Toe kom daai mas­sa wa­ter deur die ten­te en os­se­wa­ens en ál­les is nat. Hul­le kon nie vir die kin­ders kos­maak nie om­dat die ton­tel­do­se nat is... en die kin­ders gaan aan die huil. Toe noem hul­le die plek Ton­tel­doos.”

Hy staaf sy punt: “Kyk maar na die na­me van an­der per­se­le hier: Blou­krans, Muis­vlak­te, Ko­ni­jn­vlei, Swart­vlei, Blom­vlei, Wit­vlei, Draai­land, Swartspruit, Le­moen­kloof, Diep­ge­zet, Blom­plaas, Le­lie­vlei. Dis al­mal Boe­re­na­me wat ge­kop­pel is aan iets wat daar voor­kom of ge­beur het of hoe dit lyk. Waar­om sou hul­le Ton­tel­doos na ’n lánd­me­ter noem?

“Ons moe­nie skaam wees vir ons ge­skie­de­nis nie. Ons was en is arm men­se, en dis van­dag nog ’n groot kuns om jou grond te be­hou. Soos een ou een­dag vir my ge­sê het na­dat hy al sy geld uit­ge­drink het: ‘Dis goed­ko­per om te suip, want ek het nie geld om te boer nie.’ ” Hy skud weer sy kop. “Nou gee die re­ge­ring pla­se vir men­se wat nie eens ’n kar het nie. Hoe moet sul­ke men­se boer?”

Wat is dit wat vir Ben S­tru­wig hier hou? “Ek is hier ge­bo­re en ek het hier groot­ge­word. En ek is ’n baie sen­ti­men­te­le mens. My groot­ste be­geer­te is om net hier te bly, al gaan dit soms >

broek­skeur en al het die om­stan­dig­he­de ’n bie­tjie ver­an­der met ras­se­haat wat die laas­te twee, drie jaar op­ge­vlam het. Ons het ’n paar le­li­ke plaas­aan­val­le ge­had – nie deur plaas­li­ke men­se nie; dis non­sens van bui­te.

“Maar kyk, daar is steeds ’n heg­te band tus­sen men­se hier­so. In tye van nood en siek­te staan men­se by­me­kaar, hul­le soen­groet me­kaar nog. Daar gaan nie ’n na­week ver­by dat hier nié ie­mand stop wat ’n soort ge­skie­de­nis met die dorp het nie, selfs al is dit net om ná 40 jaar ie­mand se as on­der die peer­boom te kom strooi.”

Hy lag: “Ek sê al­tyd, in die week is dit net Ton­tel hier, maar na­we­ke gaan dit heel­wat be­ter...”

FRANCOIS MALHERBE is dui­de­lik ’n man wat vir Ben S­tru­wig ge­luis­ter het. “Moe­nie Ton­tel­doos toe kom as jy wil geld­maak nie! Jy moet leef met wat jy het óf baie spaar­saam te werk gaan. Op ’n ma­nier is dit goed­ko­per om op die plat­te­land te woon, maar jou uit­ga­wes is nie eint­lik min­der nie, ver­al as jy pro­beer voor­gee jy’s ’n self­vol­hou­ba­re boer.”

Francois en sy vrou, He­len, het ja­re lank in S­prings ge­woon waar sy ’n fyn­ge­bak­on­der­ne­ming en hy ’n klein in­ge­ni­eurs­fir­ma be­sit het. “Ons het hard ge­werk en be­gin rond­kyk vir ’n na­week­plek bin­ne 2½ uur van S­prings af. Ons wou ba­sies ’n plek hê waar­heen ons na­we­ke kon vlug, maar wou nie tyd­deel koop nie – ek wil da­rem ’n plek hê waar ek my eie bot­tel whis­ky kan los. Ek het ’n ou van Ton­tel­doos ontmoet – in ’n kroeg, waar an­ders – en toe nog nooit van die plek ge­hoor nie. Uit­ein­de­lik het ons in 1997 hier­die 70 ha ge­koop.”

Aan­vank­lik het hul­le net na­we­ke ge­kom en by hul­le naas­te buur­man, Jo­han Kun­ne­ke, oor­ge­slaap. Maar ter­wyl hul­le met bou­werk aan die kot­huis be­gin het, het Francois se be­sig­heid vler­ke ge­kry, en die bou­werk het het gaan stil­staan. Teen 2006 het >

hul­le be­sluit tot hier­toe en nie ver­der nie... maar toe slaan die nood­lot toe.

“In 2006 draai ek by die dood om me tor g a no fos­faat ver­gif­ti­ging na­dat ek by ’n vriend ’n hoof­pyn­pil wou neem ter­wyl die fles­sie toe al die tyd vol Two-step was. Toe, in 2009 is ek weer am­per lang­boom­pies toe weens se­re­bra­le ma­la­ria... en in 2011 di­ag­no­seer hul­le my met fa­se 4-ko­lon­kan­ker. Hul­le het my ses we­ke ge­gee om te leef; met be­han­de­ling ses maan­de.”

Won­der bo won­der, en na­dat al die kan­ker uit­ge­sny is, het Francois ook oor dié hek­kie ge­kom.

He­len lag: “Dis hoe ons uit­ein­de­lik by 9 slaap­ka­mers uit­ge­kom het – el­ke keer as Francois iets oor­leef het, het hy ver­woed aan die bou ge­gaan! G’n won­der die huis lyk soos ’n mei­sies­kos­huis nie!”

In­tus­sen het He­len haar be­sig­heid ver­koop en by Francois s’n ’n be­lang­ri­ke ska­kel ge­word aan die geld­kant. “He­len het ge­jeuk om te trek, maar ons moes eers vir haar ’n goeie plaas­ver­van­ger kry. Uit­ein­de­lik het ons die reg­te mens ge­kry, die be­sig­heid ver­koop, aan­de­le ver­han­del – en in De­sem­ber 2015 op­ge­pak.” Hy lyk in­ge­dag­te, knik sy kop. “Dit was ’n baie goeie be­sig­heid daar­die...”

“Ek het nie ge­weet wat ek hier gaan kom doen nie,” er­ken He­len, “want ek was nog al­tyd be­trok­ke in be­sig­heid. >

Toe be­gin ek werk­ses­sies – fo­to­gra­fie, char­cu­te­rie, sul­ke din­ge – re­ël.” (Die 2018-werk­ses­sies word op bl. 15 ge­lys.)

In­tus­sen het Francois na­week­boer ge­word. “Maar ek het nie Ton­tel­doos toe ge­kom om geld te maak nie. Kyk, dis fan­tas­ties om jou eie bees­vleis, skaap­vleis en ei­ers te hê, maar dis eint­lik goed­ko­per om net ei­ers te gaan koop.

“My raad aan men­se wat hier­die le­we wil pro­beer? As jy dit kan be­kos­tig om boer-boer te speel, gaan ge­sels met ie­mand soos Ben S­tru­wig – dis men­se wat ba­sies op 5-ja­ri­ge ou­der­dom be­gin boer het. Wat ek hier doen, is eint­lik ’n mors van geld. Ek is g’n niks ’n boer nie – kyk maar rond­om jou na al die fou­te wat ek ge­maak het. Maar ten min­ste is hul­le mý fou­te.”

Francois skud van die lag wan­neer hy ver­tel waar­om hy so aan­ge­bou, ’n win­gerd aan­ge­plant, ’n wyn­kel­der ge­bou, sy eie S­to­ne­hen­ge ge­pak, “ki­lo­me­ters” hei­nings op­ge­rig en ’n 4 km lan­ge pyp­lei­ding van die O’gra­dys af aan­ge­lê het om wa­ter op die plaas te kry (én nog tyd kry om vir He­len met die werk­ses­sies te help): “As ’n mens so lank hard so ge­werk het, dan moet jy iets doen met al jou e­ner­gie!”

AAN DIE AN­DER KANT van Ton­tel­doos, op die plaas Jo­r­u­bun­du, glin­ster Joe en Ruth Hol­mes se oë wan­neer hul­le ge­sels oor hul­le skuif se­we jaar ge­le­de na dié wê­reld.

“My ou­ers was boe­re by K­lerks­dorp, en ek het al­tyd ’n be­geer­te ge­had om te­rug te gaan plaas toe,” ver­tel Ruth met ’n bok­lam­mer in haar arms.

“Op skool al het ek ge­sê ek gaan een­dag met ’n boer trou – wel, ek is am­per daar...”

Joe, oor­spronk­lik van Zim­bab­we, en Ruth is gaan­de oor hul­le Ka­me­roen­se dwerg­bok­ke – “hul­le is fan­tas­tie­se gras­sny­ers” – hul­le trop­pie ska­pe, 18 koeie, 11 hon­de en 3 kat­te.

Hul­le het in E­den­va­le ge­woon, 26 jaar lank die ver­keer ge­trot­seer en toe, se­we jaar ge­le­de, hier­die plaas ge­koop. >

Maar hul­le het baie spe­si­fie­ke ver­eis­tes ge­had: “Eer­stens moes dit da­de­lik soos ons plek voel; dit moes wa­ter hê; dit moes skil­der­ag­tig wees; en daar moes kop­pies wees,” ont­hou Joe. “Jy weet, ons het 40 jaar ge­werk om hier­die plaas te koop. Ons het wyd ge­soek: hier, in die Wes-kaap, die Oos-kaap, maar die mees­te plek­ke was te duur vir ons. En dis net vreemd hoe ons tel­kens weer op Ton­tel­doos be­land het.

“Uit­ein­de­lik kom ons toe op hier­die plaas aan – daar was nie eint­lik ’n pad om van te praat nie en dit was toe on­der die swart­wat­tels, maar ons het ge­weet ons móés net hier wees; daar’s íéts hier...”

Na­dat hul­le by die 4 t wat­tels uit­ge­haal het, het hul­le op twee ou graf­te af­ge­kom, die een van ’n kind en die an­der van ’n ou­er man, ’n Kid­son – die nooi­ens­van van Ruth se ma. Uit­ein­de­lik het hul­le vas­ge­stel dis haar ou­pa se neef wat hier be­gra­we is.

Men­se, be­sef jy, pak om ver­skeie re­des die tog na hier­die ver­re pla­neet aan: Daar’s die­ge­ne wat rus­tig­heid soek, an­der wil na die sons­on­der­gan­ge staar, som­mi­ge ver­kneu­kel hul­le in die don­kies en don­der­storms van dié wê­reld. Som­mi­ge sie­le is hier ge­plant, an­der het toe­val­lig hier be­land... en dan is daar die­ge­ne vir wie dit in die ster­re ge­skry­we staan dat hul­le hier hoort. >

Tan­ja Ca­ma­cho by haar span­ne­tjie stert­swaai­ers: C­har­lie, die coc­ker­spa­ni­ël; Ma­la, die coc­ker­spa­ni­ël-jack rus­sell-krui­sing; en Vic­to­ria, die mi­ni­a­tuur-pin­scher wat haar ver­beel sy’s ’n rott­wei­ler. LINKS Ton­tel­doos is ver­al be­kend vir twee skaars plan­te: Die goud­geel a­rons­kelk ( Zan­te­des­chia pent­lan­dii) en die aal­wyn­spe­sie Aloe reitzii var. reitzii.

BO Ben S­tru­wig se men­se kom oor­spronk­lik van Volks­rust en Wak­ker­stroom se wê­reld, maar sy ou­pa At S­tru­wig het toe by die S­teen­kamp-fa­mi­lie van Ton­tel­doos in­ge­trou.LINKS Hamp­ton, die rho­de­sie­se rif­rug, het ook by Tan­ja en haar hon­de in­ge­trek na­dat sy ei­e­naar, ’n buur­man van Tan­ja, oor­le­de is. Hier lê hy op sy eie rus­bank, met Ma­la op haar eie stoel.

Groen veld, rooi klip­pe, heu­wels, grond­pad... en ’n don­kie. Ton­tel­doos is so plat­te­land as kan kom. Regs on­der is Jas Ven­ter se plaas waar die geel a­rons­kel­ke tus­sen die klip­pe op­skiet. Dis waar­skyn­lik ook op hier­die vlak­te waar die Boe­re se ton­tel­do­se nat ge­word en die kin­ders aan die huil ge­gaan het – en waar Ton­tel­doos se naam ge­bo­re is.

He­len en Francois Malherbe in hul­le wyn­kel­der, een van Francois se ve­le pro­jek­te. Links on­der is die ou Pos­kan­toor – die S van Ton­tel­doos het ja­re ge­le­de voe­te ge­kry... en nooit te­rug­ge­kom nie.

Die Rooms-ka­to­lie­ke ker­kie op Ber­nard en Bok­kie O’gra­dy se plaas, Hou­ten­bek.

Gas­te by The Wool­ly Bug­ger kan teen son­on­der die 2½ km stap tot by die “Top of the Wor­ld”rots. Reg rond­om jou strek die gol­wen­de heu­wels uit – kyk of jy die lang po­pu­lie­re voor Ton­tel­doos se Al­ge­me­ne Han­de­laar kan sien.

Die huis met sy 9 slaap­ka­mers waar­in Francois en He­len Malherbe woon – He­len sê die plek het in ’n sta­di­um soos ’n mei­sies­kos­huis ge­lyk. Francois het ’n paar keer by die dood om­ge­draai, en dan el­ke keer nog ’n stuk aan­ge­bou. Regs on­der is die ei­ers wat die Mal­her­bes se eie hen­ne lê.

Hier bui­te The Cat & The Cow skuins oor­kant The C­hee­se S­hop wei die koeie tus­sen die mo­tors.

Een van Francois Malherbe se ve­le pro­jek­te op sy plaas van 70 ha – sy eie S­to­ne­hen­ge, ge­pak met klip­pe wat ge­du­ren­de die bou­werk uit die grond ge­haal is. In die ag­ter­grond is die tef wat hy vir sy die­re plant.

ON­DER So­veel men­se het al dié vraag ge­vra ( Ons het dit ef­fens mooi­er pro­beer stel opdie voor­blad. – Reds.) dat die dorp sy eie buf­fer­plak­ker ge­maak het. Daar’s da­rem ook die “I’d rat­her be in Ton­tel­doos”-weer­ga­we.

Ruth en Joe Hol­mes is gaan­de oor hul­le die­re op hul­le plaas, Jo­r­u­bun­du. Dié ka­me­roen­se dwerg­bok drink tans nog tiet, maar bin­ne­kort sluit hy hom by sy broers en sus­ters in die gras­sny­erspan aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.