Foto-essay

Wat is die sto­rie met bou­val­le langs die pad?

Weg! Platteland - - Contents -

Waar’s die dae...

Dié ver­la­te huis langs die pad bui­te Ri­vier­son­der­end is in 1884 ge­bou en in 1916 ver­groot – en van­dag is dit vir baie men­se ’n ba­ken. Kyk net die oor­da­di­ge pleis­ter­krul­ver­sie­rings bo die dak­lys en die spits­von­di­ge giet­werk rond­om die ven­sters. Die plek is dui­de­lik ge­bou deur ie­mand wat sy sto­rie ken, wat trots was daar­op om die ver­sie­rings aan te bring. Van­dag staar die huis troos­te­loos oor die goud­geel Van Gogh-land­skap ter­wyl ’n le­ër­ska­re ge­vleu­el­de we­sens – van vler­mui­se tot dui­we en ui­le –dit hul­le tuis­te ge­maak het. Ek is dood­se­ker on­der die vrot bal­ke wat al in­ge­val het, skuil daar ’n geel­slang of drie. >

Die ge­knars van ou glas­sker­we on­der my voe­te, die ge­rit­sel van dui­we wat ver­skrik op­vlieg van hul­le slaap­plek ie­wers op ’n ou vrot balk, die muw­we reuk van mu­re wat sta­dig­aan ver­krum­mel, en die uit­sig oor ’n ko­ring­land deur ’n ven­ster­raam son­der rui­te. Dís wat my ver­beel­ding op loop sit.

Ek was nog al­tyd ge­fas­si­neer deur bou­val­le. Ek skat dis die mis­te­rie daar­van wat my aan­trek. Wie het daar ge­woon? Hoe­kom het hul­le pad­ge­gee? Was dit dalk ’n ge­sin­stra­ge­die, iets soos die dood van ’n kind of ma ty­dens ge­boor­te, of ’n plaas waar­op ag­ter­uit ge­boer is en die in­wo­ners nood­ge­dwon­ge moes op­pak? Daar’s ook die in­ten­se stil­te wat in hier­die ra­se­ri­ge eeu vol a­larms, toe­ters en stads­ge­woel werk­lik te­ra­peu­ties is.

Se­dert my tie­ner­ja­re al pro­beer ek so­veel as moont­lik bou­val­le do­ku­men­teer, vóór­dat hul­le in die grond weg­smelt of deur mo­der­ne ont­wik­ke­ling in­ge­sluk word. Een groot fo­to­gra­fie­in­vloed is Art­hur El­li­ot, ’n A­me­ri­kaan­se a­ma­teur­fo­to­graaf wat in 1900 as ’n vlug­te­ling Kaap toe ge­kom en toe reeds die in­sig ge­had het om ou ge­boue met sy kos­ba­re kwart­plaat­ka­me­ra af te neem, vóór­dat hul­le tot stof sou te­rug­keer. Hy sou ure – selfs dae – lank wag tot hy pre­sies die reg­te lig het, en soms sou hy men­se vra om te po­seer vir ’n ek­stra tik­kie dra­ma of mis­te­rie.

Ge­woon­lik het ek nie so­veel tyd soos hy nie; my foto’s van bou­val­le neem ek ge­woon­lik ter­wyl ek ie­wers heen op pad is, wan­neer my ar­me reis­ge­noot langs die snel­weg of plaas­pad moet sit en wag ter­wyl ek die een of an­der to­neel van ver­val af­neem – en an­der mo­to­ris­te dan ver­by­flits en my kwaai aan­kyk om­dat ek die pad ver­sper... >

Tog sien ek nie ver­val nie. Soos daar­die lied­jie van I­mo­gen He­ap sê: “T­he­re’s beau­ty in the bre­ak­do­wn.” Ter­wyl die pleis­ter af­skil­fer, kan ek my ver­kyk aan die klip­mu­re on­der dit wat so­veel vaar­dig­heid ge­verg het (soms het sla­we die bou­werk ge­doen), of klip­pe wat op ’n pri­mi­tie­we ma­nier ge­pak is, of kof­fie­klip met strand- of spoel­klip­pies tus­sen­in. My fyn oog sien stuk­kies er­de­werk en por­se­lein wat nef­fens ’n ou bou­val in die son­lig lê en glin­ster – soms lê dit nog op pre­sies die­self­de plek waar dit de­ka­des of selfs eeue ge­le­de weg­ge­gooi is. ’n Kos­ba­re bord met ’n wil­ger­mo­tief daar­op wat ’n moei­sa­me os­se­wa­trek oor­leef het, maar in een on­be­waak­te oom­blik laat val is, of ’n wyn­bot­tel wat in die veld ge­gooi is na­dat die vog­gies met groot smaak uit­ge­drink is – el­ke brok­stuk ver­tel ’n sto­rie.

Maar hier’s die knoop: Al voel ek harts­tog­te­lik oor be­wa­ring, moet ek er­ken ek is soms ef­fens hart­seer as ’n bou­val­li­ge huis ge­re­stou­reer word. Al word die ge­bou vir die vol­gen­de ge­slag be­waar, gaan ’n bie­tjie van die mis­te­rie en be­to­we­ring ver­lo­re.

Daar’s een plek wat ek nog nié af­ge­neem het nie, een wat vol­gens my die hei­li­ge graal van bou­val­le is: die ver­la­te Duit­se del­wers­dorp Kol­mans­kop na­by L­ü­de­ritz in Na­mi­bië. Die prag­ti­ge ou hui­se wat half­pad on­der die sand­dui­ne be­gra­we lê, het my nog al­tyd ge­fas­si­neer, en ek moet gou daar uit­kom – dis baie be­slis op my em­mer­skop­lys. Voel e­nig­ie­mand dalk lus om saam met my in die pad te val?

Laas­te be­ne Nie te ver van Mat­jies­fon­tein af nie staan dié laas­te brok van ’n mod­der­huis soos ’n vin­ger wat he­mel­waarts wys. Wie weet wan­neer die ein­de gaan aan­breek... Steen vir steen Nog ’n ge­bou is be­sig om tot niet te gaan – dié een is langs die Hout­kloof­pad na­by Na­pier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.