Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

Priscilla Rossouw Priscilla is eintlik van die Kaap, maar het toe met ’n man van Bothaville getrou wat 15 jaar gelede gevra is om die OK Grocer op Blackrock, net noord van Hotazel, te bestuur.

“Ons het wragtag nie geweet waar dit is nie. Ons het hier op Hotazel aangekom toe sê die mense ons moet nog 20 km aanry. Die teerpad stop daar.”

Priscilla sê Blackrock is, net soos Hotazel, ’n myndorpie wat aan ’n myn behoort. Daar is nie veel ander werk nie en sy is bly vir die werk as bestuurder by die Hotazel-slaghuis.

“Hier is baie Chinese wat in die omgewing werk en hulle is mal oor ons chilli bites. Hulle is so erg daaroor dat hulle groot pakke daarvan saamvat wanneer hulle terug China toe gaan.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa