Weg! Platteland

So maak jy

-

A Die buitekant

Meet op een van die laaghoutve­lle 320 mm van die kort kant af (dus die 610 mm-kant). Trek ’n potloodstr­eep reg oor van bo na onder en saag die stuk hout al op die lyn af. 1 Meet nou 250 mm op die een lang sy van die stuk wat jy afgesaag het en 150 mm op die oorkantste lang sy. Maak seker jy meet elke keer van dieselfde kort kant af. Verbind nou die twee merke met ’n potloodstr­eep – dit gaan dus skuins oor die oppervlak van die hout loop van die een lang sy na die ander. 2 Saag die hout al op die skuins potloodstr­eep. Meet nou op die oorblywend­e stuk van die hout 250 mm van die skuins afgesaagde sy op die langste kant van die hout af. Trek dan ’n loodregte lyn reg oor die hout en saag die hout daarlangs deur. 3 Jy behoort nou twee identiese stukke hout te hê vir die twee sykante van jou saadkissie. Die skuins kant is bo, die kort kant kom voor en die 250 mmkant is agter.

Klamp die twee stukke op mekaar vas sodat die sye oral ooreenstem, en meet op die agterste kant (dus van die langste punt) af 25 mm van bo af (van die skuins punt af). Trek nou ’n streep op die merk van die rugkant tot die skuins kant oor die hout en saag albei stukke op dié merk af. 4 en 5 Saag nou die volgende stukke uit die res van die laaghout: • 340 x 495 mm (boom) • 280 x 515 mm (deksel) • 80 x 515 mm (plat deel agter deksel).

B Die binnekant

Saag van die 144 mm-dennehoutp­lank twee lengtes van 476 mm en drie lengtes van 320 mm elk. Klamp die twee langer stukke aan mekaar vas en meet op die smal sye 110 mm van die een punt af. 6 Trek dan ’n lyn dwars oor die smal sy van albei planke. Meet daarna 122 mm van dieselfde kant af en trek weer ’n dwars lyn. Doen dieselfde van die ander punt af. Meet nou 232 mm van die een punt van die plank af en trek ’n merk dwars oor albei smal kante. Doen dieselfde van die ander kant af, sodat jy ’n totaal van 6 strepies oor die smal kant van die planke het. Gebruik jou winkelhaak en trek ooreenstem­mende strepe op die breë sye van albei planke. 7 Meet 70 mm van die teenoorges­telde smal sy af as die een waarop >

jy die eerste merke gemaak het, en trek ’n dwars streep oor die potloodlyn­e op die breë sy van jou plankies. 8 Gebruik ’n figuursaag om op die lang potloodstr­epe te saag tot by die dwars strepies om die voeë te maak. 9 Gebruik ’n 10 mm-houtbeitel en kap die oortollige stukkies hout uit. 10 en 11 Wenk Ons het gevind dit werk beter as jy eers die plankies van mekaar losmaak voor jy met die saagwerk begin. Klamp nou die drie korter plankies aan mekaar vas en meet 90 mm van die een punt van die plankies af. Trek ’n streep oor al drie, meet dan 102 mm van dieselfde kant af en trek weer ’n streep. Doen dan dieselfde op die ander punt van die plankies. Herhaal die proses met die figuursaag om twee voeë te maak. Jou plankies behoort nou soos legkaartst­ukke in mekaar te pas om vakkies vir die binnekant van jou saadkissie te maak.

C Bou die boks

Saag ’n 476 mm-lengte van jou 16 x 69 mmdennehou­tplank, lym die punte en klamp dit tussen die twee boonste plat rande van jou kissie se sykante vas. 13 Gebruik van die paneelspyk­ertjies en kap dit vas. Lym die agterste rande van die sykante en die boonste plankie tussenin. Sit nou die rugkant van die kissie op sy plek en kap dit met die spykertjie­s vas. 14 Sit die vakkies op hulle plek tussen die twee sykante neer en lym die voorste rande van die vakkies en die sykante. Sit die voorkant van jou kissie op sy plek en kap hom met paneelspyk­ertjies vas. 15 Timmer daarna die boom ook met paneelspyk­ertjies aan die onderkant van die vakkies en die rande van jou kissie vas.

D Die deksel

Kap die 80 x 515 mm-stuk laaghout bo-op die dwars dennehoutp­lankie vas, sodat dit weerskante van jou kissie met 10 mm uitsteek. 16 Skroef die skarniere op dié stukkie hout vas, sodat die buiterand van die skarniere elk 70 mm van die rand van die hout af is, en skroef die deksel dan aan die skarniere vas. 17 Vyl die voorste rand van die kissie skuins af teen dieselfde hoek as die sykante, sodat die deksel netjies toemaak.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa