Weg! Platteland

Oom Theunis gee raad

-

1 Luister na die natuur

“Dit help nie om te plant as dit nie reën nie, soos nou hier in die Kaap. Wag eerder tot die reën kom, want kom sal hy kom. Op sy tyd.”

2 Leer by ander “Hou ander mense dop as hulle saai en plant. Dis wat ek my lewe lank gedoen het. As hulle dit kan doen, kan jy ook.”

3Plante is nes kinders

“As jy wil hê hy moet groot kom, gesond wees en vir homself sorg, moet jý eers vir hom sorg: Skoon grond; jy moet genoeg mis gee, behalwe as hy ’n beet of wortel is, en dan moet jy vir hom natlei – genoeg, maar nie te veel nie. En as hy bietjie af lyk, moet jy by die koöperasie gaan hoor watter medisyne hulle het.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa