Weg! Platteland

Moet jy met die hand kan bestuif?

-

Soms, wanneer daar nie ander bestuiwers is nie óf jy wil die bye klop en kruisbestu­iwing keer, is dit wel nodig. Maar jy moet weet wat jy doen en vroeg soggens al in die tuin wees, sê Shannon. Dit beteken jy moet die plante isoleer tot die vroulike blomme oopgaan. Neem byvoorbeel­d ’n eenhuisige plant soos pampoen, wat afsonderli­ke manlike en vroulike blomme aan dieselfde plant dra: Eerstens moet jy die vroulike blomme identifise­er. Soek die ovaria, vrugteagti­ge strukture waar die stingel en blom bymekaarko­m. Gebruik ’n verfkwassi­e om stuifmeel van die manlike blom se helmknoppi­e te kry, en“verf” dan die hele stempel in die middel van die vroulike blom. Bind die vroulike blom dan dadelik met tou of ’n klein kabelstrop toe om seker te maak die stuifmeel word nie besmet nie. As dit suksesvol is, sal die ovaria ontwikkel tot vrugte.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa