Weg! Platteland

Trappe na toentertyd

-

Een van die fassineren­dste bouvalle wat ek nóg teëgekom het, is De Grendel, ’n lieflike ou klipbousel aan die bopunt van Deer Park in Kaapstad. Die huis, wat vinnig agteruitge­gaan het en nou toegegroei is onder dik bosse en bome, is waarskynli­k vroeg in die 19de eeu gebou, moontlik as ’n meulhuis (dis gebou by die kruising van twee bergstrome, waarvan een Platteklip is). De Grendel is die bron van vele legendes: Sommige beweer die ryk Van Breda-gesin se melaatse seun het hier gebly, terwyl ander beweer dit was die wegkruippl­ek van ’n heks. Wie ook al so gelukkig was om hier te woon, met dié stel stewige kliptrappe wat oploop na wat destyds die voorstoep was, het waarskynli­k ’n manjifieke uitsig oor Tafelbaai in die verte onder gehad terwyl seilskepe spook om ’n plekkie in die hawe te kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa