Weg! Platteland

Eet, drink, wees plesierig!

-

Doen, drentel, koop Niksdoen is koning

Die omgewing, vernaam die berge en passe en die oorverdowe­nde stilte, is werklik skilderagt­ig-salig. Behalwe om jou hieraan te vergaap is Geluksburg een van daardie plekke waar die tyd vir alle praktiese doeleindes stilstaan en jy kan oefen om so min as moontlik te doen.

Onthou om alles saam te bring wat jy nodig het, want hier is geen kitsbanke of petrol nie en Hansa’s Trading Store (wat gesluit was tydens Platteland se besoek) en sy piepklein kiosk verkoop slegs allerbasie­se produkte soos koeldrank, rakmelk en twak. Daar is ook iets tussen ’n sjebien en ’n kroeg met ’n paar droewige geeste wat buite vir kwaadgeld rondsit.

Besoek die slagvelde in die omgewing

Geluksburg is naby verskeie Anglo-boere- oorlogslag­velde soos Ladysmith, Spioenkop en Colenso. Lees meer op die webwerf

battlefiel­dsregiongu­ides.co.za.

Kyk voëls of laat die adrenalien bruis

Sowat 134 voëlspesie­s – van kroon- en witkruisar­ende tot skaars paradysvoë­ls – is al in die omgewing aangeteken.

Vir die adrenalien­verslaafde­s is daar ’n magdom mooi passe en viertrek-, stap-, bergfiets-, motorfiets- en quadfietsr­oetes. Gesels gerus met Geoff Lake van Gina’s Selfcateri­ng vir begeleide toere of wenke.

Ma, ek is honger! K’s Coffee Shop

As Kay Thorne tuis is en proviand het, kan jy tussen 10:00 en 16:00 in Hoofstraat aanklop vir ’n ligte middagete, soetgebak en iets te drinke. Ons yskaskaask­oek en ystee was uit die boeke en boonop spotgoedko­op. Kontak 036 448 2200 of 073 211 8932

Blyplek The Homestead

Platteland het in Hoofstraat oornag in een van die 26 kamers by Pennie Human se driesteroo­rd, wat ook troues en konferensi­es aanbied. Ontbyt is ingesluit, maar jy moet bespreek vir aandete – ons kon soveel

beesvleis, wortels, beet, piekeluie, gebraaide aartappels, koolgebak, slaaie en yorkshirep­oeding skep as wat ons wou hê! Kontak thehomeste­ad.co.za info@thehomeste­ad.co.za 084 862 6815 of 036 448 1328

Gina’s Selfcateri­ng

By Ina en Geoff Lake se plek kan jy kamp of in chalets of moderne Zoeloehutt­e oornag. Jy kan ook vooraf etes bespreek, hulle bied allerlei toere( vir vier trek-ens port nut svoertuie, bakkie sen qua d fietse) aan, en as jy dalk ’n ogie het op ’n eiendom, kan Ina, die dorp se eiendomsag­ent, jou help.

Kontak ginas.co.za ginageluk@ mweb.co.za 084 583 1596 (Ina) of 083 675 1450 (Geoff)

Marmalade Cottage

Daar is slaapplek vir tot agt mense in dié gemaklike drie slaapkamer­s elf sorg huis wat Phil en Ann Rooke verhuur. Die huis het twee badkamers, ruim onderdakst­oepe, ’n binnekagge­l, speletjies­kamer én ’n netjiese braaiplek. Kontak marmaladec­ottage.co.za prooke@yebo.co.za 036 448 1803 of 072 242 3037

 ??  ?? K’s Coffee Shop
K’s Coffee Shop
 ??  ?? The Homestead
The Homestead
 ??  ?? Marmalade Cottage
Marmalade Cottage

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa