Weg! Platteland

Saamstaan met die pad

-

Deel van die probleem met die berugte pad tussen Dullstroom en Tonteldoos is dat die uitleipype oor die jare verstop geraak het met sand.

Terwyl die paaiedepar­tement besig is om die oppervlak te herstel (hulle was met Platteland se besoek druk aan die werk), spring die gemeenskap van Tonteldoos sélf in om dié pype skoon te maak.

“Een keer per week kom almal wat die pad gebruik, ook die jong ouens soos Percy, Jono, Ross en Peter én iedere siel van die Mahlangu-clan, bymekaar. Ons begin met ’n groot vergaderin­g by die pub, en dan spring almal in met grawe en kruiwaens om die sand uit die pype te kry,” sê Joe Holmes. “As die pype skoon is, kan die water behoorlik weggelei word.

“’n Mens kan sit en kerm oor die pad óf jy kan besluit om iets daaraan doen. Op Tonteldoos het ons besluit om in te spring.” Nie ’n enkele mens met wie Platte

land gesels het, droom van ’n teerpad nie – daarvoor is Tonteldoos vir hulle te kosbaar. ’n Goeie grondpad sal deug.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa