Weg! Platteland

Donkiekare­ienaar Charles Masango

-

Charles en sy vrou, Florence, en hulle vier kinders woon in ’n stat op die Laersdrifp­ad en hy kry ’n ongeskikth­eidspensio­en van die staat. Hy en sy twee donkies, Vaaltyn en Pappas, maak hout bymekaar vir die huis. “Ek bly lekker hier op Tonteldoos, want as jy jou beeste in die kamp gesit het, is daar niemand wat hulle sal steel nie. Ek gebruik die beeste om te ploeg, sodat ek mielies en gras kan plant wat ek dan vir die winter in bale maak.” Al wat pla, is dat hier nie eintlik winkels is nie; as hy gelukkig is, kom hy so een keer per maand op Dullstroom of Lydenburg vir inkopies. Maar verder is hier nie klagtes nie, sê Charles. “Nee, hier is niks slegs nie, geen crime nie.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa