Margaret Sloane
Mede-eienaar van The Cat & The Cowkoffiewinkel
Margaret en haar man, Gordon Roy, besit die organiese plaas Kiepersol waar Margaret, ’n opgeleide kruiekundige, groente en kruie plant. Hulle het twee jaar gelede uit Pretoria hierheen getrek, maar dis net Margaret en hulle seun, Scotty (hier saam met haar op die foto), wat voltyds hier woon – Gordon is steeds ’n finansiële bestuurder in die stad en kom net naweke kuier. “Ek is nie ’n stadsmeisie nie; ons het altesame 16 ha hier waarop ons ook ons eie beeste, skape en hoenders aanhou. Scotty kry tuisonderrig – ek kry hom jammer, want hier is nie eintlik ander kinders op Tonteldoos nie. Al sy vriende is grootmense.”