Weg! Platteland

Gwen Phasey

Eienaar van Highlands Country-lodge

-

Gwen, wat in Engeland gebore is, het in 1952 Suid-afrika toe gekom. Sy en haar man, Terry, het ’n gastehuis in Benoni gehad, maar 14 jaar gelede hierheen getrek.

“Toe ons die eerste keer na die plek kom kyk, het hulle vir ons gesê dit spook. Ek het in die vallei afgekyk en vir myself gesê: ‘Hoekom het dit jou so lank gevat om hier uit te kom?’

“Ieder geval, een aand ruik ek pyprook. Ek vra vir ons huishulp wie het pyp gerook hier en sy antwoord Jan Brood van der Merwe. Toe, nie te lank terug nie, daag ’n vrou hier op en sê sy is Jan Brood se dogter. Haar pa is oorlede en sy het belowe om sy as op die plaas te kom strooi. Sy’t die as op ’n koppie gaan strooi, ’n dankiesêbr­ief en tuisgemaak­te seep daar gelos... en nou is die pyprokery iets van die verlede.”

Terry werk nog in die stad en kom net elke tweede of derde naweek plaas toe. En is Gwen gelukkig hier so op haar eis? “Ek is mal oor hierdie plek. Ek is agorafobie­s én kloustrofo­bies... ek mis die verkeersli­gte, die geweerskot­e, die mense wat jou motorruite was!”

Gwen skrik ook nie vir Afrikaans nie: “Ek het in Vanderbijl­park grootgewor­d en toe later in my lewe by Massey Ferguson se skakelbord in Vereenigin­g gewerk waar ek al die slêngwoord­e geleer het – ek kan selfs my r’e bry soos ’n boer!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa