Weg! Platteland

Anna Lindsay en Jono Yearsley

Woolly Bugger

-

Dié jong paartjie se paadjies het met ’n wye draai geloop tot op Tonteldoos. Anna is in Durban gebore, het in Ghana grootgewor­d en in Amerika skoolgegaa­n, terwyl Jono in Suriname, Suid-amerika, New York, Kanada, Madagaskar en Engeland grootgewor­d het. (Sy stiefpa, Richard Muller, wat ’n aandeel in die plaas het, is ’n meganiese ingenieur.)

Die een is gaande oor die lewe hier; die ander een sukkel maar. “Ek is glad nie ’n boervrou nie,” sê Anna. “Ek is ’n shopaholic, en dis elke dag vir my ’n uitdaging om wakker te word en te wonder hoe ek die ure van die dag gaan omkry. Dit was so erg dat ek ’n jaar ná ons koms in 2013 terug is Durban toe, maar Jono kon net nie sonder my klaarkom nie! Nou gaan dinge al beter, want ons is tog bederf hier: Ons het suurlemoen­bome, pere, perskes, appelkose, okkerneute, vye... ons het ook granate geplant én appel-, kersieen pruimbome. Ons maak in, kook konfyt en dink daaraan om ’n peersider te maak.”

Jono is in sy element. Hy bou en onderhou die kliphuisie­s op die plaas en neem gaste rond – hulle kan gaan stap, ’n forel uittrek (en teruggooi) of wildkyk.

En hy sal hopelik nie weer sonder Anna hier hoef te bly nie, want 2018 is die jaar waarin hulle die knoop gaan deurhak.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa