Weg! Platteland

Jas Venter

Mampoersto­ker

-

Jas maak hier op die plaas Welgeluk omtrent van enige ding mampoer: perskes, kwepers, druiwe, appels, pruime, grenadella­s, glippertji­edruiwe, suurlemoen­e – laasjaar het hy selfs droëperske­s gebruik, wat volgens hom “heeltemal ’n ander reuk” het. En by mampoer bly dit nie; Jas maak ook 17 geure likeur, almal met ’n mampoerbas­is, waarvan die koffiegeur en “die Melktertji­e” die gewildste is. “Ek is die enigste geregistre­erde stoker hier in die Tonteldoos-omgewing,” sê hy trots terwyl hy die stookketel wys wat sy skoonpa 30 jaar gelede al begin gebruik het. Maar hy’s duidelik nie ’n man wat hom vergryp aan sy eie produk nie: “Ek het al met my eie oë gesien hoe mense mal raak van mampoer!”

Jas het voorheen in die Lydenburg-distrik geboer, later vir die Spoorweë en uiteindeli­k vir ’n steenkoolm­yn in Witbank gewerk. Hy het in 2015 plaas toe gekom nadat eers sy skoonpa en twee maande later sy swaer oorlede is.

Nou is hy element hier op die plaas met sy 400 perskebome, ’n hand vol peer- en okkerneutb­ome, ’n troppie skape, vier koeie, drie kalwers en ’n netjiese radyslande­ry – kos vir die skape.

Sy vrou, Hester, het hier grootgewor­d, en al is dit vir haar ’n aanpassing om nou weer op die plaas te woon – haar veld is rekenaars – is dit vir haar lekker om haar man so in sy element te sien. “Hy geniet dit gate uit. Jy weet, Jas was nog altyd so ’n onderlangs­e boer. Ek is nie heeltemal ’n boervrou nie; ek mis my trippies dorp toe en veral my kleinkinde­rs, maar gelukkig kom die kinders gereeld kuier.”

“Ja,” beaam Jas, “hier leef ’n mens na aan die natuur. Ek is mal oor die rustigheid, die duikertjie­s in die tuin, die jakkals wat saans lag – hoewel die skelm laasjaar vyf van my lammers gevang het!”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa