Weg! Platteland

Lank lewe ons entreprene­urs!

-

Toe ons laat in 2013 die knoppie druk om daardie laaste blad van

Platteland #1 drukker toe te stuur, kyk ons ou spannetjie mekaar effe oorbluf aan en wonder hardop: Waar gaan ons elke drie maande al die stories vandaan kry om ’n boek vol te maak?

Wel, dit is ’n bekommerni­s wat met elke uitgawe, tot hier by #21, minder geword het, want hierdie land is vól goeie stories, en hulle kom byna vanself na jou toe. As jy ooit daaroor wonder, gaan net na ’n platteland­se mark toe en knoop ’n geselsie aan: Dit is mense wat met vindingryk­e planne vorendag kom en dikwels ’n bestaan maak uit wat op hulle tafel te koop is. Party is daar omdat die noodlot hulle gedwing het – Suidafrika sit immers met ’n werklooshe­idsyfer van digby 30%. (’n Skrale troos is dat dit wêreldwyd beroerd gaan: Volgens die Britse Guardian het meer as 24 000 besighede in die eerste ses maande van 2018 hulle deure gesluit.) Ander doen dit omdat dit hulle gelukkig maak.

Daarom is ons trots om in dié uitgawe vir julle die stories van nie minder nie as vier entreprene­urs te vertel. Ons glo dit is “klein” outjies soos dié wat die ruggraat van ons land vorm. Daar’s die Brundyns van Ermelo, die Oliviers en Bezuidenho­uts van Kleinmond, die Rodericks van Hillcrest – almal gawe mense, mans en vroue wat ’n lang pad stap, maar bereid is om hulle geheime te deel. Vrygéwige mense.

Geniet die blaaskans, bly (en ry) veilig en kom verfris terug om 2019 aan te pak. En as jy jou eie besigheid begin: Voorspoed!

ONS IS NIE JUIS voorstande­rs van Kersgesken­ke nie, want die wêreld het al klaar te veel goeters – en hopeloos te veel wit olifante – maar soms wil jy tog vir iemand spesiaals iets gee waaroor jy weet hulle gaande sal wees en wat jare vir hulle kosbaar sal bly. Twee boeke wat hier by Platteland gebore is, is sulke geskenke:

Seisoensko­s, die beste resepte die afgelope vyf jaar van Aletta Lintvelt, en Begin

joueie groentetui­n. Blaai na bl. 121 vir ’n spesiale aanbod op al twee dié boeke of gebruik jou gratis Takealotge­skenkbewys!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa