Ek ken óók daai ge­bou

Weg! Platteland - - Briewe -

Car­la Brun­dyn se brief (“Maar ek ken mos daai ge­bou op Ko­ring­berg!”) in Plat­te­land se Len­te 2018-uit­ga­we het my hart som­mer warm laat klop! Die aan­ge­na­me her­in­ne­rin­ge van A­lec de Kock en die stoor op Ko­ring­berg sal ons ook vir al­tyd by­bly.

Een aand in 1996 het ons op die dak van die een en­kel­ge­bou­tjie vleis­ge­braai. A­lec het aan ons be­wys ’n mens kán braai, selfs al waai die wind jou by­na weg. Hy het ook aan ons be­wys dat die Mo­del-t Ford se en­jin met die eer­ste slin­ger sal vat, al is hy toe on­der die hout­saag­sels.

Ter­wyl die mans doe­nig was, het ek graag ont­span met ’n pot­lood en skets- boek – on­der die wa­ken­de oog van Gab­ba, A­lec se jack rus­sell (fo­to heel links on­der). Hy het my oral ge­volg en ek kon die ver­soe­king nie weer­staan om hom te skil­der nie (links on­der). Die skil­de­ry en skets van die stoor het ek vir A­lec as ge­skenk ge­gee.

My man het een­keer ’n baie nut­ti­ge ver­jaar­dag­ge­skenk by A­lec ge­kry: ’n wind­pomp- span­ner! Ons het lek­ker ge­lag oor dié ge­skenk vir ’n stads­ja­pie, maar ná al die ja­re ge­bruik ons dit steeds!

Dan­kie vir die vreug­de wat Plat­te­land vir ons le­sers bring. Ons sien uit na die vol­gen­de uit­ga­we! Hé­ri­ne Fou­rie S­TEL­LEN­BOSCH

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.