Weg! Platteland

‘Van watter Carstense is jy?’

-

Oswald Kurten se fotoessay oor die koringoes op Koringberg herinner my aan die aangename tye wat ons as “Transvaler­s” op my pa se familiepla­as, Vleidam, deurgebrin­g het. Gewoonlik was dit oor skoolvakan­sies, maar soms het ons daar aangekom as dit ploeg-, saai- of oestyd is. Ek onthou die trekkers, saaiery, snymasjien­e, koringgerw­e en dorsmasjie­ne. Die foto wat Oswald van Somersverd­riet af geneem het, is ’n goeie voorbeeld van hoe die Swartland ná oestyd lyk.

Op Vleidam was daar alles waaroor ’n kind kan droom: Alle soorte diere, adamsvye en honderde kelkiewyne by die plaasdam. En moenie die koekemakra­nkas vergeet nie – ons het saam met die plaaskinde­rs kilometers ver gaan soek na dié “krankies”.

Die inwoners van Koringberg en die boere van die omgewing was altyd soos een groot familie. Wanneer jy as vreemdelin­g daar aangekom het, moes jy stadig en in detail verduideli­k “van watter Carstense” jy is. Sover ek kan onthou, het my oupagrootj­ie Stephanus Christiaan Carstens die plaas Vleidam in 1912 gekoop. Sy twee oudste seuns, Hendrik Andries (oompie Hennie, my oupa) en Stephanus Christiaan (oompie Fanie), het saam met hom op Vleidam begin boer.

My oupa het vyf seuns gehad: Hendrik Andries (my pa), Fanie (later die eienaar van Somersverd­riet), Koos, Alwyn en Chrisjan. Op die plaas is ’n hele paar familiegra­fte van mense wat hier geboer het.

Ek weet nie hoe en wanneer Vleidam van eienaars verwissel het nie, want geeneen van die ouer familieled­e kon antwoorde verskaf nie. Baie dankie aan John en Nikki Loxton vir wat hulle nou daar doen. Doen so voort! Chris Carstens PRETORIA-NOORD >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa