Dis my ma se haan!

Weg! Platteland - - Briewe -

Ek staan voor die tyd­skrif­rak van ons plaas­li­ke win­kel en soos ’n weer­lig­straal tref die voor­blad – die mei­sie met die hoen­der­haan – my. Ja, dis die Len­te 2018-uit­ga­we van Plat­te­land.

My ge­dag­tes loop te­rug na die ja­re op die pla­sie Rooi­rand tus­sen Kla­wer en V­re­den­dal, en ’n s­kie­li­ke hart­seer oor­val my. My ma was be­son­der lief vir haar hoen­der­tjies, ver­al die een prag­haan. Hy was reg­tig ’n mooi ge­veer­te wat op die des­tyd­se Good­wood­skou as kam­pi­oen ge­kroon is. My ma het hom by haar neef pre­sent ge­kry, wat ek glo baie geld vir hom be­taal het.

In daar­die tyd trek my ou­ers dorp toe. Hul­le gaan voor­uit en ons kin­ders kry op­drag om na die hoen­ders om te sien. Maar die dui­wel het ’n ma­nier om jou briek én jou pe­trol te trap. Dis ook nie lank nie of hy trap ons pe­trol: Die rooi­bruin haan kry luis. Ons ken die re­sep om pa­raf­fien met vet te meng, en ons vryf die haan deeg­lik daar­mee in.

Die vol­gen­de og­gend tref die skok ons: My ma se prag­haan lê daar met stok­styf be­ne en wa­wyd­oop oë. My sus­ter se op­drag aan ons jon­ge­res was kort en saak­lik: As die kar stil­hou, be­gin jul­le al­mal huil.

Ge­luk­kig was my dier­ba­re ma só bly om ons te sien dat sy bloot ge­sê het: “Ag, let go.” Dic­ky Nel CLAN­WIL­LI­AM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.