Weg! Platteland

Wyk, woestyn!

-

Hier is iets waarmee jy kan terugkap as daar weer ’n Afrika-pessimis aan jou tafel sit: Het jy al gehoor van die Groot Groen Muur?

Dit is ’n grootse projek waarvan die doel is om oor die breedte van Afrika – altesame 8 000 km – ’n 16 km breë strook van inheemse bome te plant.

Amptelik staan dit bekend as die Great Green Wall of the Sahara and Sahel Initiative, ’n projek van die Afrika-unie waarby meer as 20 lande betrokke is. Sahel, die ekoklimaat­s-en-biogeograf­iese oorgangson­e tussen die Saharawoes­tyn en die Soedannese savanne, gaan erger as enige ander plek op aarde gebuk onder klimaatsve­randering – met gevolglike droogtes, hongersnoo­d, konflik oor natuurlike hulpbronne wat uitgeput raak, en ’n massa-uittog na Europa.

Maar met die Groot Groen Muur veg gemeenskap­pe van Senegal in die weste tot by Djibouti in die ooste terug teen dié omgewingsr­amp. Senegal het byvoorbeel­d al 270 km2 se inheemse bome geplant wat nie natgelei hoef te word nie.

Die goeie nuus is dat die strook nie net kos verskaf aan miljoene mense van die streek nie, maar talle diere wat die afgelope 50 jaar nie meer in dié gebied gesien is nie, het nou weer hulle verskyning maak: bokke, hase en verskeie voëlsoorte. Uiteindeli­k sal die strook die grootste lewende struktuur op aarde – groter as die Groot-barrièreri­f – én ’n nuwe Natuurwond­er wees. Om die skaal te verduideli­k: Die projek is in 2007 begin, en vandag, 11 jaar later, is dit 15% voltooi. Daar lê dus nog jare se harde werk voor, maar dit gaan die wêreld – en vernaam Afrika – ’n beter plek maak.

greatgreen­wall.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa