Weg! Platteland

Pizza… oor die kole!

-

Somertyd is braaityd – en wat kan nou beter wees as ’n braai waarop jy ook ’n pizza kan gaarmaak?

Dis presies wat jy kry met die Gecko Grill Pizza, wat ontwikkel is deur ’n klompie ingenieurs van Sasolburg in die Vrystaat.

“Terwyl baie van die wêreld se beste ingenieurs hulle energie en breinkrag gebruik om te kyk hóé die mensdom op Mars gaan kom, het ons besluit om eerder op ’n belangrike­r saak te fokus: As ons eers op Mars is, gaan ons kan braai?” vertel Cobus Raubenheim­er, een van die spanlede.

Hulle het ’n paar braaitoest­elle ontwikkel wat teen ’n muur gemonteer word – vandaar die naam Gecko Grill. Toe, op ’n dag, dink iemand: ’n Lewe op Mars sonder pizza? Nee! Die Gecko Grill Pizza is gebore. En hy’s gebou om te hou, want slegs duplex- en vlekvrye staal word gebruik in die vervaardig­ing.

Jy kan steeds ’n stukkie wors of tjops oor hierdie outjie gaar kry – jy kan selfs die hoogte verstel. En jy het nie ’n ingenieurs­graad nodig om hom in ’n pizza-oond te verander nie. Jy bou gewoon jou pizza op die deegbasis wat jy op ’n aparte plaat sit, en bak dan die basis vir 8 minute bo die 16 brikette. Dan gebruik jy die handvatsel om die plaat af te skuif na die “oond” onder die kole. Hier bly hy vir nog 8 minute en siedaar – kos is op die tafel! (Natuurlik kan jy ook ’n aartappelg­ebak in die oond bak terwyl jy jou steak bo-oor braai.) Dis nou wat ons noem vernuftig. PRYS R1 199 plus R149 vir aflewering

KONTAK geckogrill.co.za 063 68 68 681

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa