Weg! Platteland

Besoek dié drie van die bestes

’n Hele klomp plaaslike labirinte is oop vir die publiek, maar vir die meeste moet jy óf ’n afspraak maak óf presiese aanwysings kry.

-

Die grootste labirint

Waar? Rotariër-jeugkampe, Glencairn, Wes-kaap.

Materiaal Inheemse fynbos, houtbruggi­es en grondpaadj­ies.

Die storie Die labirint op die terrein van die Rotariërkl­ub in Glencairn is só groot dat jy sonder waarskuwin­g waarskynli­k nie eens sal weet jy is besig om een te stap nie. As jy opkyk, lyk dit of jy ’n veldpaadji­e tussen die fynbos volg, maar sodra jy die lugfoto’s sien wat van Koos Burger (foto onder) se labirint geneem is, tref die simmetrie jou soos ’n crop circle in ’n Amerikaans­e mielieland. ’n Mens kan nie glo dat fynbos so netjies kan staan nie.

Koos bieg as hy die dag die graspaadji­es moet sny, hou dit hom 8 uur besig. “Ek deel dit al op – 4 uur vandag, 4 uur môre!”

Die ingang bestaan uit twee houtstompe van indringerb­ome wat voorheen daar gestaan het en wat Koos teen mekaar staangemaa­k het sodat dit lyk of jy deur die poorte van ’n Gotiese katedraal stap.

Die totale afstand na binne en terug is ongeveer 3 km. Koos doen moeite om die fynbos af te wissel sodat elke draai ’n ander soort plant het wat oorheers – van blombos en erikas tot Oxalis en boegoe. Dit is ’n ervaring om saam met Koos te stap: Hy dokumentee­r elke fynbosspes­ie wat op die terrein voorkom, en so ver as wat ’n mens stap, identifise­er en pluk hy blare en blomme om vir jou te wys. ’n Veldbrand in 2017 het die labirint totaal verwoes, maar Koos het stelselmat­ig met behulp van skenkings en harde werk die labirint weer volgeplant. Koos sê hy wou iets maak wat ná sy dood vir ander mense nog iets kan beteken. “Toe dit gebrand het, het ek daar gestaan en huil soos ’n kind – nie oor dit my labirint is nie, maar oor ek geweet het dit beteken iets vir mense. Ek het gewonder of dit ooit weer iets vir iemand gaan beteken.” Koos, ’n voormalige wiskunde-onderwyser, sê hy het destyds labirinte in sy wiskunde-oefeninge gebruik. Hy hou nie daarvan om te diep te raak daaroor nie, maar sien tog gereeld nuwe simboliek in die labirint. “Dit is lekker as ’n mens saam met ’n klomp mense stap, dan kyk jy op en jy sien die mense oral op die pad saam met jou, elkeen op sy eie plek. Dis maar soos die lewe, nè?” Maak ’n draai Bel Koos Burger by 083 484 0294 om die labirint te besoek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa