Weg! Platteland

Pamperlang produkte vir tuiniers

-

’n Tuinier se hande werk hard én die Afrikason byt ewe hard as jy heeldag buite woel, selfs al dra jy ’n breërandho­ed. En wie sal dít beter weet as ’n tuinier?

Jane Griffiths, skrywer van gewilde boeke soos Jane’s Delicious Garden en Jane’s

Delicious Herbs, het haar eie reeks 100% natuurlike lyfprodukt­e vir tuiniers ontwerp. “Toe ek destyds my eie vrugte en groente begin kweek, het ek ook begin eksperimen­teer met allerhande lyfprodukt­e,” vertel Jane. “Ek het my ma se dubbelkoke­r diep agter uit die kas gehaal en byewas en galambotte­r ( shea butter) gesmelt. Oorvloedig­e kruieoeste is fyngekap en gedroog en só het ek oor die jare begin om dié reeks vir tuiniers te ontwikkel.”

Die Jane’s Delicious Gardener’s-produkte sluit in ’n handskropm­iddel en ’n handseep, plus ’n hele paar salwe: Daar’s ’n Green Goodness Balm (vir insekbyte, uitslag en blase), ’n Muscle Balm (vir seer en oorwerkte spiere), en ’n Wrinkle & Crinkle Balm. En dan ons gunsteling­e: die natuurlike SBF22sonbl­ok en Anti-bug-lyfsproei.

Al die produkte word op die dorpie Lindley met die hand gemaak en slegs byewas, galambotte­r, olies en kruie word gebruik. Die pragtige mandala-ontwerp van die kruie op die verpakking is deur die kunstenaar Melissa Townsend. PRYSE Vanaf R180 vir die handsalf tot R200 vir die sonblok. KONTAK Die produkte is beskikbaar by uitgesoekt­e kwekerye, aanlynwink­els en janesdelic­iousshop.co.za >

 ??  ??
 ??  ?? Jane Griffiths
Jane Griffiths

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa