Weg! Platteland

Piekelgroe­nbone

-

Geniet dié piekelgroe­nbone soos wat jy agurkies sou eet. As jy van daardie kenmerkend­e agurkiepie­kelgeur hou, kan jy selfs ’n paar takkies vars dille by die pekelvloei­stof inroer net voordat jy dit bottel. Maak 4 flesse van 300 ml elk Bereidings­tyd 30 minute plus marineerty­d oornag Gaarmaakty­d 10 minute

JY BENODIG

• 140 g growwe seesout • 1 kg groenbone, puntjies afgesny VIR DIE PEKELVLOEI­STOF • 1 eetlepel (15 ml) heel

swartpeper­korrels • 1 eetlepel (15 ml) heel koljanders­aad • 1 eetlepel (15ml) heel geel mosterdsaa­d • 10 heel naeltjies • 1 teelepel (5 ml) droë rissievlok­kies

(opsioneel) • 2 lourierbla­re • 3 koppies (750 ml) witwynasyn • 100 g witsuiker • ½ rooiui, fyngekap

SÓ MAAK JY

Gooi die growwe seesout in ’n groot mengbak. Voeg 300 ml kookwater by en roer dit tot die sout opgelos het. Roer 1,2 ℓ yskoue water by en druk dan die skoongemaa­kte groenbone in die koue soutoploss­ing. Bedek die bak met kleef-

plastiek en laat die bone oornag week.

Dreineer dit ná 12 uur in ’n vergiettes en spoel dit onder lopende koue water af. Verdeel die groenbone tussen 3-4 gesterilis­eerde glasflesse met deksels wat dig sluit.

Maak die pekelvloei­stof Gooi die peperkorre­ls, koljander, mosterd en naeltjies in ’n middelslag-kastrol en rooster dit droog tot dit geurig raak. Voeg die rissievlok­kies, lourierbla­re, asyn, suiker en rooiui by en verhit die mengsel tot kookpunt.

Verdeel die pekelvloei­stof tussen die flesse en verseël dit dadelik. Sit die flesse in die yskas sodra dit heeltemal afgekoel het. Laat dit vir 2 weke staan voordat jy dit eet. Sit die bone voor as deel van ’n kaasbord of op ’n toebroodji­e met kouevleis en mosterd. >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa