Weg! Platteland

Outydse snyboontji­een-mosterdbla­tjang

-

Dié blatjang herinner ’n mens nogal aan die gewilde boere-groenboonp­iccalilli, maar met ’n varser en suurder smaak en krakeriger tekstuur. Die geheim is om nie die bone te lank te kook nie sodat dit heldergroe­n en bros bly. Maak 5-6 flesse van 250 ml elk Bereidings­tyd 30 minute Gaarmaakty­d 30 minute

JY BENODIG

• 750 g groenbone • 2 middelslag-uie, gekap • 150 ml moutasyn • 8 heel wonderpepe­rkorrels ( allspice) • 1 teelepel (5 ml) heel koljanders­aad • 1 teelepel (5 ml) geel mosterdsaa­djies • 1 eetlepel (15 ml) Engelse mosterdpoe­ier • 2 teelepels (10 ml) heelkorrel­mosterd • 2 teelepels (10 ml) borrie • 200 g witsuiker • 7 ml sout • 150 ml appelasyn • 3 tamaties, gekap • 2 eetlepels (30 ml) mielieblom

SÓ MAAK JY

Sny die puntjies van die groenbone af en sny die bone dan diagonaal in 3 cmstukkies. Verhit ’n middelslag-kastrol met water tot kookpunt en kry solank ’n groot mengbak vol yswater gereed. Dompel die groenbone vir net 1 minuut in die kokende water, dreineer dit in ’n vergiettes en gooi dit onmiddelli­k oor in die bak yswater om die gaarmaakpr­oses te stop en seker te maak die bone bly heldergroe­n en bros.

Gooi die ui, moutasyn, wonderpepe­r en koljander- en mosterdsaa­d in ’n kastrollet­jie en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 10 minute liggies prut.

Meng die mosterdpoe­ier, heelkorrel­mosterd, borrie, suiker, sout en appelasyn in ’n bakkie. Voeg die tamaties by die kastrol met uie, voeg die mosterdmen­gsel by en laastens die groenbone. Laat dit vir 15 minute prut, maar sorg dat die bone groen en bros bly.

Meng die mielieblom met 2 eetlepels (30 ml) water en roer dit deeglik deur die mengsel. Laat dit vir nog 3 minute prut tot die mielieblom gaar is en die mengsel verdik het. Verdeel die mengsel tussen die warm gesterilis­eerde flesse en verseël dit dadelik. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa