Weg! Platteland

Paneer-en-groenboont­jiekerrie

-

Paneer – ’n sagte kaas wat in Indiese geregte gebruik word – is deesdae in supermarkt­e te koop, maar dit is ook redelik maklik om self te maak. (In Platteland #4, die Lente 2014-uitgawe, het ons ’n resep gedeel.) Jy kan dit met blokkies romerige fetakaas vervang óf selfs weglaat. ( Die lewe is darem net te kort om énige kaas weg te laat. – Reds.) Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 20 minute

JY BENODIG

• 750 g groenbone • 1 stuk vars gemmer van 4 cm, geskil • 10 knoffelhui­sies, geskil • ½ koppie (125 ml) water • 3 eetlepels (45 ml) olyfolie • 2 teelepels (10 ml) fyn komyn • 1 droë brandrissi­e, fyngekap • 2 teelepels (10 ml) fyn koljander • ½ teelepel (2,5 ml) rooipeper • 2 eetlepels (30 ml) tamatiepas­ta • 2 tamaties, fyngekap • 200 g paneer • fyngeraspe­rde skil en sap van 1 suurlemoen • ¼ koppie (60 ml) fyngekapte vars

koljanderb­lare om voor te sit • 4 roti’s om voor te sit

SÓ MAAK JY

Sny die puntjies van die groenbone af en sny dit dan in stukkies van 1-2 cm. Gooi die gemmer, knoffel en water in ’n voedselver­werker en pols dit tot ’n gladde smeer.

Verhit die olie in ’n groot swaarboomk­astrol oor matige hitte en braai die speserye tot dit geurig is – roer dit die heeltyd en pasop dat dit aanbrand. Voeg die gemmer-en-knoffelmen­gsel en tamatiepas­ta by en kook dit vir 1 minuut terwyl jy dit dit heeltyd roer.

Roer die vars tamatie by en laat dit vir 10 minute prut. Roer nou die groenbone by en laat dit vir nog 5 minute prut tot die tamatie sag en die bone net-net gaar is. Roer laastens die paneer en suurlemoen­skil en -sap by en geur die kerrie na smaak met sout en varsgemaal­de swartpeper.

Sit die kerrie voor met fyngekapte vars koljanderb­lare en roti’s.

 ??  ?? KOOK MET GROENBONE
KOOK MET GROENBONE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa