Weg! Platteland

Mediterree­nse groenboont­jiepasta

-

Hierdie veelsydige pastagereg is propvol gesonde bestanddel­e. Jy kan ook die witsous met ’n vinaigrett­e vervang en ’n smaaklike pastaslaai maak.

Genoeg vir 6 Bereidings­tyd 10 minute Gaarmaakty­d 15 minute

JY BENODIG

• 350 g volkoringm­acaroni • 400 g dun Franse groenbone • 2 eetlepels (30 ml) botter • 3 eetlepels (45 ml) volkoringm­eel • 2 koppies (500 ml) melk, liggies verhit • 1 teelepel (5 ml) neutmuskaa­t • 140 g beleë cheddarkaa­s, gerasper • 100 g okkerneute, liggies gerooster • 200 g kersietama­ties • 100 g ontpitte swart olywe

SÓ MAAK JY

Kook die macaroni volgens die aanwysings op die pakkie. Sny die groenbone in 3 cm-stukke en dompel dit vir 2 minute in kokende water. Dreineer dit dadelik en hou dit eenkant.

Maak ’n witsous deur die botter in ’n middelslag-kastrol oor matige hitte te verhit. Roer die meel by tot dit ’n gladde smeer vorm en begin dan die melk bietjies-bietjies byvoeg – klits dit die heeltyd met ’n ballonklit­ser om te keer dat die mengsel klonte vorm. Roer dit vir 4-5 minute aanhoudend tot die witsous dik is en groot borrels vorm.

Voeg die neutmuskaa­t by en geur die sous met sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak. Roer die witsous deur die gaar macaroni. Voeg die groenbone en die helfte van die kaas by. Garneer die pasta met die okkerneute, kersietama­ties, olywe en die res van die kaas.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa